Motoring

Ford ST’s jaag dat die stof so staan in Barberton

Alhoewel die dag beplan was om 08:00 af te skop, het die weer nie saamgespeel nie. Die mis het dik gehang wat sigbaarheid bemoeilik het, en aangesien veiligheid eerste kom, moes die deelnemende manne en vroue eers 'n uur of wat wag voor hulle die adrenalien vrye teuels kon gee.

Vir die 11de agtereenvolgende jaar het die Ford ST’s van Vrydag af al in Barberton aangekom. Dit was vir die jaarlikse ST straatwedrenne.
Vroeg Sondagoggend het 16 voertuie, die meeste met Gautengse nommerplate, vir die geleentheid opgedaag.

Alhoewel die dag beplan was om 08:00 af te skop, het die weer nie saamgespeel nie. Die mis het dik gehang wat sigbaarheid bemoeilik het, en aangesien veiligheid eerste kom, moes die deelnemende manne en vroue eers ‘n uur of wat wag voor hulle die adrenalien vrye teuels kon gee. Die weer het nogtans nie die geesdrif in die minste gedemp nie en toeskouers was vroeg uit die vere om die wedrenne by te woon.

Die geleentheid word elke jaar deur Barberton Ford aangebied en is die enigste van sy soort waarby die verkeersafdeling betrokke raak.
Die pad tussen die vierrigtingstop by Mediclinic en die afdraai na Emjindini word elke jaar toegemaak.

Vanaf die wegspringpunt, wat aan die bokant geleë is, kry die spoedduiwels dan die geleentheid om hul voertuie tot die uiterste te druk. Die spoed word deur ‘n verkeersbeampte van Umjindi by die brug op die R40 geneem.

Sien video hier.

Kenny Beverley van Barberton Ford is ook die organiseerder van die geleentheid en het namens almal dankie gesê aan die verkeersdepartement, brandweer, EMS asook aan Coastal Tool Hire, Infinity Wheels en Chesanyama vir hul ondersteuning en borgskappe.

Die topspoed van die dag is deur Morné Coetzer opgestel. Hy het teen 185km/h stof in die res se oë geskop.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button