Op Braaidag het Ingrid Bezuidenhoudt, Alma Agrella en Petro Berg gewys dat hulle nie net 'n motorfiets nie, maar ook 'n stuk boerewors heel behendig kan hanteer.
Dis nie net Barberton-inwoners wat dink dat dié dorpie die ideale plek is om Braaidag te geniet nie.
Die Ulysses-motorfietsklub het al die pad van Centurion gery om die naweek in die Laeveld deur te bring.
Hierdie groep, wat hoofsaaklik uit ervare ryers ouer as 40 bestaan, het met Barberton Gastehuis as hul basis die omliggende gebiede tot en met Sondag verken.
Om meer uit te vind oor die Ulysses-motorfietsklub, kliek hier.