Network Sport

Krieketweek in Noordwes amper deur transformasie, koste uitgeboul

Die laerskole distrikte krieketweek het byna nie plaasgevind nie weens probleme rondom transformasie en buitensporige deelnamekostes.

Die laerskole distrikte krieketweek in Noordwes wat tussen Vrydag en gister plaasgevind het, het amper nie gebeur nie, berig Potchefstroom Herald.

Dit nadat sommige distrikte nie aan transformasie teikens voldoen het nie, en die kostes vir spelers volgens Noordwes Krieket heeltemal te hoog was.

Kort voor die begin van die toernooi is ‘n skrywe van Noordwes Krieket aan laerskole se distriksbestuur gestuur om die bestuur van die verskeie distrikte te laat weet dat die distrikte week, uitgestel sal word. Dit was weens die transformasie-teikens wat nie bereik is nie en hoë kostes wat die distrikte van spelers gevra het om deel te neem. Noordwes Krieket sou die administrasie vir die week, wat as proewe vir die provinsiale span dien, oorneem.

Volgens ingeligtes het slegs twee van die distrikte nie aan die transformasie-teikens voldoen nie.

Die Departement van Onderwys het ook ‘n skrywe aan skole gerig dat indien daar steeds wedstryde voortgaan dit nie deur Noordwes Krieket goedgekeur is nie. Die departement het dit duidelik gemaak dat dit nie toernooie ondersteun wat nie goedgekeur is nie.

Op die vooraand van die toernooi se afskop het die distrikte se bestuur en Noordwes Krieket ooreengekom dat alle distrikte aan die transformasie doelwitte, soos uiteengesit deur Krieket Suid-Afrika sal voldoen en dat die toernooi kostes vir spelers nie meer as R2 800 mag wees nie.

Volgens Ismail Minty, die hoof uitvoerende beampte van Noordwes Krieket, is daar al in Junie vergaderings gehou veral oor waar kostes gesny kan word.

“Ons wil hê dat alle krieket spelers aan die weke kan deelneem. Daar moet gelykheid wees daaroor. Dit is een van die dinge wat ons al lank met die distrikte se bestuur bespreek het. Van die distrikte het meer as R4 000 per kind gevra om aan ‘n drie-dag toernooi deel te neem, dit maak nie sin nie,” het Minty verduidelik oor Noordwes Krieket se besluit.

Volgens hom is transformasie deel van sport in Suid-Afrika.

“Ons kan nie daarvan weg kom nie, dit moet gedoen word,” het hy gesê.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button