Local newsNews

Fondsinsameling vir baba met gewas

Baba Andrea is tans op medikasie om die gewas te laat krimp.

Mense sê altyd die lewe is nie regverdig nie.

Andrea Nortje het dieselfde uitdagings as elke ander baba wat ontwikkeling betref, maar moet boonop uitdagings die hoof bied van ‘n aangebore, groterwordende gewas op haar gesiggie.

Die gewas is naby haar ogie en kan mettertyd tot blindheid lei as dit nie betyds aangespreek word nie.

Andrea is tans op medikasie om die gewas te laat krimp en word behandel deur ‘n plastiese chirurg verbonde aan die St Augustine’s Hospitaal in Durban.

‘n Magnetiese resonansbeelding is onlangs op haar uitgevoer en as die chirurg tevrede is, word sy eersdaags geopereer.

Die kostes vir die skandering beloop al R11 500 en dus het Cox en Vennote ‘n trustrekening oopgemaak om fondse vir Andrea se mediese kostes en medikasie te insamel.

Die bankbesonderhede is as volg:

COX & VENNOTE; STANDARD BANK VRYHEID; TAK KODE: 057 924; REK NR: 06218 3753; TIPE REK: TJEK; VERWYSING: 01B005513/BABA ANDREA.

Andrea en haar familie bly in die Vryheid omgewing – haar ma is werkloos en haar pa is ‘n plaaswerker wat vir ‘n baie klein salaris werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button