Local newsNews

Amptelike opening van CG Kerk

Met 40 lidmate, R30,000 en gewillige hande het die Here weer bevestig, Hy het nie getalle nodig om wonders te doen nie

Die amptelike opening van die CG Kerk sal Saterdag, 1 Maart, plaasvind, met ‘n reeks dienste wat tot en met Woensdag, 5 Maart, sal plaasvind.

In 1940 is Dr DJ de Vos na die Nederduits Gereformeerde Kerk in Smitstraat te Durban beroep.
Gedurende ‘n Pinksterreeks het daar ‘n geweldige herlewing op 10 Mei 1940 uitgebreek. Mense van oral uit Durban het die dienste begin bywoon, geestelike liedere is op treine en busse gesing, en Durban het bewus geword van Jesus wat vir die sonde van die mens betaal het.

Dr de Vos is deur medekollegas van sektariese oortuiginge en prediking aangekla en tydens ‘n ondersoek op 16 April 1940 het Dr de Vos en 39 van die 44 kerkraadslede uit die vergadering gestap.
Na geweldige gebedsworsteling is die Nuwe Protestantse Kerk op 21 April 1944 gestig.
Deur die jare heen was daar gedurige vernuwing en vandag staan die kerk as die Christelike Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika bekend.  Die prediking is steeds Evangelies, die bediening is steeds daarop gemik om mense sonder rimpel en sonder vlek gereed te kry vir die wederkoms, en steeds word die stryd teen louheid en pluralisme gestry.
Vir jare is die Christelike Gereformeerde Kerk in Ladysmith deur oudelinge bedien, selfs toe daar net twee huisgesinne was.
Verskeie leraars is beroep en het in geloof die gemeente bedien.

Oor die jare heen kan mense getuig dat hulle Christus tydens dienste in die Christelike Gereformeerde Kerk gevind het en oor die afgelope 12 jaar het die gemeente toenemend in die nood van die gemeenskap betrokke geraak.
Twee keer per week is tussen 50 en 100 kinders in die vuilgoedgat met kos bedien.
Vyf keer per week is tussen 100 en 120 mense in die ou Spoorweg hostel met Woord, sop en brood bedien. Steeds was die gebede: Here gebruik ons, ons al is op die altaar.

Met ‘n ryke geskiedenis wat getuig van Jesus se liefde vir Sy kerk, het die Christelike Gereformeerde Kerk in die jaar 2014 na baie wonderwerke, baie gehoorsame mense en baie genade, ‘n punt bereik waar hul, hul gebou in Carbineerweg 85 kan inwy.
Met 40 lidmate, R30,000 en gewillige hande het die Here weer bevestig, Hy het nie getalle nodig om wonders te doen nie.
Al wat Hy vra is gehoorsaamheid aan Sy Woord, die res sal Hy doen.

Ons is die Here dankbaar vir ‘n gevou wat nie net op die behoefte van ‘n gemeente gemik is nie, maar steeds ‘n groter impak in die gemeenskap van Ladysmith wil maak.
“Soli Deo Gloria”. Ons wil graag baie dankie se aan al ons borge wat dit moontlik gemaak het vir ons om ons Kerk te bou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button