AfriForum se Paulpietersburg-tak en polisie bevestig samewerking
DIE AfriForum-tak in Paulpietersburg het hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig.
Uitgereik deur AfriForum
DIE AfriForum-tak in Paulpietersburg het hul samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) bevestig deur ’n afskrif van die samewerkingsooreenkoms wat op Januarie 16, tussen AfriForum en die SAPD in Centurion gesluit is, op Februarie 16, aan die stasiebevelvoerder en bestuur van dié stasie te oorhandig.
“Hierdie ooreenkoms verbeter verhoudinge tussen gemeenskappe en die SAPD en dien as aansporing om deel te neem aan misdaadbekamping,” sê Alwin Böhmer, AfriForum se veiligheidsverteenwoordiger vir Grootspruit.
“Hierdie platforms bemagtig gemeenskappe om op ’n meer formele vlak met die SAPD saam te werk. Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie vennootskap en is genooi na ’n weeklikse vergadering om misdaadbekamping te bespreek,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.
Hierdie samewerkingsooreenkoms het verder aan AfriForum ’n plek besorg op die provinsiale komitees wat maandeliks by die SAPD-hoofkantoor in Durban vergader.
Die noord-oostelike deel van KwaZulu-Natal, asook Pongola, Paulpietersburg en Hluhluwe, vorm deel van AfriForum se veiligheidsnetwerk wat daagliks oor Suid-Afrika heen groei,” voeg Van Aswegen by.
Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS “buurtwag” na 45267 (R1).
IF you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.
Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 9860 731 .



