
Pionier is bevoorreg dat ons tot dusver sonder enige voorvalle, al vir amper twee maande ons Graad 12s kon onderrig en dat ons al ‘n redelike tyd saam met die Graad 11 leerders ook kon werk.
Gemasker en gesaniteer, word die leerders elke oggend verwelkom nadat hulle temperatuur ook gemeet is en word daar hard in die klasse gewerk. Die Graad 12 leerders het juis weer verlede week in Fisiese Wetenskappe ‘n individuele prakties afgehandel waar hulle die Titrasietegniek bemeester het om ‘n oplossing te standaardiseer.
Ons het ook verlede week ‘n suksesvolle inligtingsaand aangebied vir die Graad 7s van LMS en hul ouers. Ons sien uit dat hulle by Pionier gaan inskryf volgende jaar. Onthou dat die inskrywingsvorm vir 2021 beskikbaar is op ons webwerf. Besoek ons gerus by www.pionier.co.za, klik op die skakel “Vandag by Pionier” en volg die stappe. Die proses kan tjoef tjaf afgehandel word!
ALSO READ: Vreemde tye en vreemde omstandighede kry Pionier nie onder
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






