BlogsDie WoestynrotOpinion

“Bierblikke, boelterriers en handicapped zones.”

Die arme Bowman. Mieliepit die Wilsonstraattarentaal het mos nou langs hom ingetrek, en nou sit die Bowman met al die skermonkels wat daagliks op sy drumpel oudiënsie hou. Aap en sy ou spulletjie is weer deur die Burgermiesies die vlak ingejaag om die mense wat so vinnig jaag, bietjie vas te vat. Nou, ou Aap …

Die arme Bowman. Mieliepit die Wilsonstraattarentaal het mos nou langs hom ingetrek, en nou sit die Bowman met al die skermonkels wat daagliks op sy drumpel oudiënsie hou. Aap en sy ou spulletjie is weer deur die Burgermiesies die vlak ingejaag om die mense wat so vinnig jaag, bietjie vas te vat. Nou, ou Aap en sy spul is nou weliswaar dun gesaai oor die front wat moet weerstand bied teen die maaifoedies en moegoes wat so jaag en aanjaag op ons paaie en ons plekke.

Daai lot wat so op man se gat kom ry dat jy die stukke baard op sy smoel kan tel innie truspieeëltjie. Of een of ander bobbejaan in ‘n lorrie, soos wat met my weer gebeur het, wat hier op ‘n blinde bult by jou kom verbyskuur. Net duskant Hattingspruit, tussen die dorp en die dam, kom foeter ‘n splinternuwe trok só naby my verby dat ek kan sien hoe my kar se paintjob met hom saam gaan. Ek loop park amper by Farmers’ Brewery soos ek uit die pad skrik, maar toe pak die bedonnertgeit my mos, en ek probeer daai skermonkel vang.

N-o-t-t-e-w-i-e-l, kan jy maar sê. Hy laat lóóp toe hy sien ek gooi rude signs vir hom, en toe ek uiteindelik by die T-aansluiting daar op AFT se bult kom, toe’s daai ou al amper by Nqutu. Dan praat ek nie eens van die ander bobbejane wat met hul moerse 4X4’s (en BMW’s) oppie highway tot bo-op jou wingnuts kom ry voorlat man uittie pad kan kom nie. Ons het al oor hulle gepraat. Ons praat nou oor die mense wat so oppie handicapped parkings stop met hulle groot fensie karre, by Spar en Pick&Pay.

Sonder dat een van hulle handicapped is. “Ek sal gou wees,…gaan net gougou sigarette koop,…” ensovoorts ad nauseum. Dan moet mense soos Dave Fulton se vrou onder by die Wimpy gaan stop en hom stoot tot by Pick&Pay, omdat een of ander moegoe op die handicapped zone staan om ‘n movie te gaan terug gee.

Anyway, die Bowman moet ook so af en toe darem keer vir sy wickets. Gelukkig het hy ‘n parking spot weg van die geharwar af, ander sou sy windscreen seker al voos gewees het. Ek verstaan hoeka so van een van die skermonkels dat die Bowman nou die dag in die bome moes klim toe ‘n boelterrier hom aan sy pampoentrappers beet gekry het.

So met ‘n blikkie Tafel Lager in die een hand. Man mag nie mors nie. Die Bowman, nie die boelterrier nie. Shame, tog…was dit tog seker ‘n affêre. Stomme jong moes keer en roep na bowe dat dit ‘n naarheid is. Aap het later die boelie kom haal, maar ek moes belowe dat hy vir niemand sal sê nie. Laat my mos toe nou terstond dink aan die dag toe die leeu by die polisiestasie ingedrentel het, maar dis ‘n verhaal vir later.

Dag, ou Grote. Hier’s op World Cup 2010…en die leeu en die taxidrywer.

 

Terry Worley

Editor: NKZN Courier, Newcastle Advertiser and Vryheid Herald.

Related Articles

Back to top button