BlogsDie WoestynrotOpinion

‘n Kulturele kopskuif…

Die harlaboerla oor 2010 het in tempo begin toeneem, en ek het net gewonder of ons regtig weet wat ons gaan doen as die wêreld se sokkermenigte op ons gaan toesak? Oral begin toerisme – organisasies hulle vere regskud (is dit nie bietjie laat nie??) en mense begin planne maak oor die sakke vol geld …

Die harlaboerla oor 2010 het in tempo begin toeneem, en ek het net gewonder of ons regtig weet wat ons gaan doen as die wêreld se sokkermenigte op ons gaan toesak? Oral begin toerisme – organisasies hulle vere regskud (is dit nie bietjie laat nie??) en mense begin planne maak oor die sakke vol geld wat hulle gaan verdien uit Wêreldbeker 2010. Hoekom gaan oms geld maak uit 2010? Wat kan ons verkoop waarin die wêreld sal belangstel? Behalwe natuurlik ‘n bed om op te slaap….

Almal weet te vertel dat ons nuwe lughawens moet bou, nuwe stadions moet oprig en ons openbare vervoer op pariëteit kry. Die oplossing van die veiligheidsprobleem en die misdaad wat dit moet aanspreek, is ‘n nagmerrie vir baie. Nou, behalwe vir die feit dat daar heelwat huis skoongemaak sal moet word, wat doen ons om hierdie geleentheid aan al ons gemeenskappe bekend te stel?

Wat praat jy? Ek kan al hoor hoe die plaaslike fundi’s my uitskel. Professor Achille Mbembe van die Universiteit van die Witwatersrand het die spyker op die kop geslaan toe hy gesê het dat min of geen gedoen word om die roetekaart na die beker aan die mense voor te stel. Ander lande wat sulke reuse – sportbyeenkomste aangebied het, het die geleentheid aangegryp om hulself te bemark en hul vordering te vier. Die proffie het verder gegaan deur te sê dat die Wêreldbeker-sokkertoernooi gaan oor die skepping van handelsmerke, en nie regstreekse geldmakery nie. Nou, dis hier waar ons ‘n kulturele kopskuif moet maak, want handelsmerke is kulturele grondlegging

Ons bemarking is kultureel arm, want ons kla eerder oor die heersende elite wat kla as iemand oor hulle kla. Ons het niks om te verkoop nie. Ons het dit tydens plaaslike byeenkomste soos History in Action ook agtergekom. Die mense wat op ons gaan toesak, wil nie vrolike inboorlinge in tiervelle sien wat om die kospotte in kunsmatige kulturele dorpies sit en Made in Taiwan kapitalisme pleeg nie.

Die media-dekking wat ons gaan kry, moet ons gebruik om onsself met die regte kombinasie van kunstige verbeelding en intellektuele kragdadigheid te bemark, en nie aan die wêreld te wys hoe baie ons kan suip of hoe goed ons mekaar kan doodmaak nie. Laat ons maar nie eers praat van sokkerspeel nie. Ons het nodig om die wyse waarop ons ons beeld voorhou aan die wêreld, te verander. Die 2010 – toernooi gaan nie ons probleme oplos nie, dit gaan nie HIV bekamp nie, en dit gaan nie ‘n duit verander aan die armoede in hierdie land nie, maar dit kan die manier waarop die wêreld ons sien, en ons verwoord, verander. As ons net wil.

Ons het kunstenaars uit die grond van Afrika nodig, skrywers, musikante, ontwerpers, slim mense, denkende mense,w at ons met ‘n uitbundigheid kan verkoop sodat die res van die wêreld kan weet dat dit lekker is om hier te kom speel, en die belangrikste van alles, dat hulle weer sal terugkom.

Maar dan het ons ‘n kulturele kopskuif nodig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button