BlogsDie WoestynrotOpinion

‘n Kwessie van Houding….?

Die reisende joernalis Dana Snyman, van die tydskrif Weg, het in een van sy stukke in ‘n plaaslike koerant ons Engelssprekende landgenote aangevat oor die feit dat die meeste van hulle net Engels kan praat. Die argument word gereeld aangehaal dat Engels ‘n wêreldtaal is, en as jy Engels praat, het jy nie nodig om …

Die reisende joernalis Dana Snyman, van die tydskrif Weg, het in een van sy stukke in ‘n plaaslike koerant ons Engelssprekende landgenote aangevat oor die feit dat die meeste van hulle net Engels kan praat. Die argument word gereeld aangehaal dat Engels ‘n wêreldtaal is, en as jy Engels praat, het jy nie nodig om enige ander taal te kan praat nie. Nou, die Woestynrot wil met Dana saamstem, maar tóg ook van hom verskil. Ek het ‘n aantal jaar gelede, by die Universiteit van Kaapstad, die voorreg gehad om saam met professor John Hare van die Shipping Unit te werk.

Nou, John was ‘n Engelsman uit die boeke uit. Goed in sy vak, en die perfekte jintelman. My verbasing was groot toe hy my in perfekte Afrikaans aanspreek. Hy bemerk my verslae kyk, my bek wat oophang, en toe kliek hy: “Haha-haaa,” lag hy uit die dieptes uit. “Jou so effe gesurprise, eh? Nie geweet die Boereoorlog is verby nie, nê?” Ja, jy het, John. Daardie dag, en al die dae wat in daardie soms veeleisende, maar geweldig interessante jaar gevolg het. Ek het nie veel geworry oor die Boereoorlog nie,want dit wás verby, en ek het my ou maat in Sheffield, Roger Purdy, ook so gesê toe hy effe huiwerig verneem het of dit veilig sal wees vir ‘n Brit om ons land te besoek tydens die eeuviering van daardie oorlog.

Onse aarde. Is dit só erg gewees? Dave Mullaney, eertydse redakteur van daardie grensoorstekende tydskrif Scope, het eendag geskryf dat die meeste van hulle Engelse nog altyd net in staat was om ‘n krom en skewe “Goia morrow” uit te kry, maar dan het die meeste Afrikaners altyd oorgeslaan na foutlose Engels toe as hulle sy geradbraakte pogings bemerk om in die Taal diskoers te pleeg.

Nou, ek wil hierby aansluit en sê: Ja, en nee. Hier in Dundee is baie, baie Engelssprekende Dundonians (ek sallie sê Souties nie, oom. Belowe) wat die Taal gooi of hulle gebore is in hom. Great stuff, guys. Sommige se Ingels aksente slaan deur soos Sunlight Liquid op ‘n skoon wynglas, maar hulle praat en verstaan hom. Daar is ook diegene wat Afrikaans nie so lekker gooi nie, maar hulle lees hom, en probeer hom. Baie van hulle praat egter Zoeloe asof hulle in dié taal grootgeword het, wat ook nie te versmaai is nie. Bokkers. Wens ék kon dit doen.

Dan is daar ‘n paar van my eie Afrikaanstalige landgenote en Dundoniërs wat Engels praat asof hulle dit laas tydens die Slag van Spioenkop gedoen het. Ook nie so lekker nie, ouens. Hierdie is ‘n kwessie van houding. As ons mekaar nie ken nie, is ons versigtig vir mekaar. Praat mekaar se taal, oor en weer, en verstaan mekaar se vredes en vrese. Dan alleen sal ons weet wat in ons koppe aangaan, en hoekom sommige van ons s’n so raas.

Aan die einde van die dag kan sommige van ons nét Engels, of nét Afrikaans, of nét Zoeloe praat. Dit terwyl ons almal hier groot geword het.

Roger het ook nog nie kom kuier nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button