BlogsDie WoestynrotOpinion

“’n Oomblikkie langs die pad.”

Die Bowman is nou vir jou ‘n kêrel met ‘n groot verantwoordlikheid. Ons sit nou die aand saam en kuier op die stoep, en hy was all brisk and businesslike, soos wat hy maar altyd is. Wil om die dood nooit iets lelik van iemand anders sê nie. Vreeslik polite. Ook tog aljimmers alte deftig. …

Die Bowman is nou vir jou ‘n kêrel met ‘n groot verantwoordlikheid. Ons sit nou die aand saam en kuier op die stoep, en hy was all brisk and businesslike, soos wat hy maar altyd is. Wil om die dood nooit iets lelik van iemand anders sê nie. Vreeslik polite. Ook tog aljimmers alte deftig. Verskriklik. Seker maar oorlat hy die sondes, die treurmares en die uitbundighede vannie hele gemeenskap met hom moet saamdra. Het ook nog nooit die f-woord oor sy mond gesien kom nie. Daarom laat hy my soms dink aan daai sersant, destyds op Buitepos se polisiestasie, wat so ernstig besig was met al sy maandelikse opgawes en enersoortige geite dat hy nooit tyd gehad het vir ‘n grappie nie. Ook nie vrou gehad nie. Was te besig om bootse te polish. Tot die dag wat hy, teen die gewoonte in, innie tjaarts offies, in plaas van sy kantoor, sy syfertjies sit en invulle het.

Nou, die manne had ‘n nuwe distrikspeuroffisier oppie dorp in Gobabis gehad, maar saarts het hom nog nie te kenne gekry nie. Die man het ‘n mak leeu gehad. ‘n Moerse, groot, swartmaanhaarkraagmannetjie gedierte. So groot soos ‘n bleddie Landrover. Amper. Die mannetjiesleeu had saam met – kom ons noem hom maar kaptein TC – innie Hilux gery. Soos oom Naas, die distrikskommissaris, daai eventvolle eerste dag by sy kantoorvenster gesê het. “Hygend hert der jacht ontkomen, my kolonel! Is ek nou mal, of het hier nou ‘n bakkie gestop met ‘n verdomde leeu voorin??”

Daar hét. Kaptein TC het met daai gedoente, met sy halsband aan, die trappe opgestap na die kolonel se kantoor toe, terwyl die deure klap soos’ie ganse gebou oppie vlug slaan. Ewenwel, oom Naas het vir TC ten strengste verbied om weer die leeu saam te bring. Maar hy het sy leeu wel saamgevat op inspeksie. Buitepos toe. En hy het nie vir saarts gesê nie. By die stasie aangekom, laat hy vir Leeu uit. Soos wat hy maar altyd maak. En, soos wat Leeu maar altyd maak, stap hy vooruit. Tjaarts offies toe, waar saarts sy boeke maak klop. Daai leeu stap in, en gaan poot vir saarts met sy reuse-klou, soos wat hy maar met al sy menspêlle maak Die verskil is net, saarts het die moerse, harige afferringte eers gesien toe daai swaar poot op sy been neerkom, kompleet soos ‘n Alsation wat kom hallo sê.

Hulle sê hy het sy pen neergesit, die leeu só gebekyk, die verte gemeet na sy naainmil toe oppie anner kant vannie counter, sy hartaanval so innie stilligheid gekry, en net voordat hy met ‘n gil van horreur wou opspring, kom TC die kantoor binne. Hy roep vir Leeu weg, saarts kry sy hart weer aan die gang, so mettie derde probeerslag, en hy staan bewerig op. “J-j-jirre…k-kapt-t-tein…d-d-it w-was mos…-u-uh f*kk*n leeu daai…??? D-die ding s-sal mos a-al my kwarteltjies o-o-op v-vang!!

So sonner pyne. Tjek daai rooi kaarte vir 2010!!! Dag, ou Grote. Hier’s op mak leeus, rooi kaarte en reg wees vir World Cup 2010…!!!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button