Om anderkind se pa te word….
Die Woestynrot wil vandag ‘n lansie breek vir ‘n bedreigde spesie. Pa’s en stiefpa’s. Jy kry natuurlik die uitsondering onder hulle ook, maar kom ons kyk na die Woestynrot se eie pa. ‘n Knorrige oukêrel wat soms nie ‘n goeie woord vir jou in sy hart kan vind nie, maar wat die hemp van sy …
Die Woestynrot wil vandag ‘n lansie breek vir ‘n bedreigde spesie. Pa’s en stiefpa’s. Jy kry natuurlik die uitsondering onder hulle ook, maar kom ons kyk na die Woestynrot se eie pa. ‘n Knorrige oukêrel wat soms nie ‘n goeie woord vir jou in sy hart kan vind nie, maar wat die hemp van sy rug af sal uittrek vir sy kinders. Die Rot dink dat elke pa wat vandag hierdie stukkie lees, op een of ander wyse sal aanklank vind daarby. Kom ons vat daai mislike tiener wat vir kwaadgeld in jou huis rondhang. As jy dink om ‘n woord te wissel, of om sommer net te vra hoe gaan dit, dan word die iPod se oorfone, of die hi-fi s’n, afgetrek met ‘n gefrustreerde sug, en daai “Wat?” kom uit soos ‘n ding wat gaan pik as jy te naby kom.
Daai meisiekind, wat jy gedink het jou beste pêl gaan word toe jy haar in jou arms gehou het met haar geboorte, of wat jy as jong dingetjie ontvang het toe jy met haar ma getrou het, dink nou jy is niks beter as die tuinier nie, en as sy haar verwerdig om met jou te praat, dan is dit omdat sy wil geld hê, of wil weet wanneer julle daai nuwe selfoon dan nou gaan koop!! As jy dan sê dat dinge nie so gedoen word nie, dan word daai kamerdeur toegegooi dat die kosyne dril, en gaan lê juffroutjie met haar dik bek in die kamer, en jy voel soos ‘n boef. Ag shame tog. Get over it, en doen die volgende, Pa, en stiefpa!
Dis jou huis. As juffroutjie (of boetie) die ouderdom bereik wat hulle met kondome begin peuter, dan is hulle oud genoeg om die verantwoordelikhede van die regte wat hulle so mildelik opeis, te aanvaar. As daar dan sulke eise gestel word, gaan koop vir jou ‘n invoice boekie en laat dit op hul deurmekaar tafels in daai hooltjies waarin hulle bly. Kom ons kyk. Eerstens, so R600.00 per maand vir die taxidiens wat jy instel na die skoolmaters toe, of na die winkels toe, of waar ookal hulle uithang. Die kos wat hulle opeet as hulle hulle voete onder jou tafel insteek, en dies meer. Wees kreatief. As dogtertjie in haar beste woedende stemmetjie laat weet dat jy outyds is, sy jou haat, en jy geen inspraak meer in haar lewe het nie, en sy nou gaan loop, bel ‘n taxi.
Sy gaan either na die boyfriend toe, of na daai ander klein brat wat haar skoolpêl is. Sê haar sy kan net haar goed vat, maar dan hou jy alles terug wat jy of die ma gekoop het. “Sorry, bokkie, ek het daai iPod gekoop. Dis myne.” Laat haar dan met haar bondeltjie hek toe stap waar die taxi staan en idle. Of die boyfriend se kar. Sy sal dalk nog die nag iewers ‘n holte vir haar bederfde voetjie vind, maar die volgende môre staan daar ‘n betraande gevreetjie voor die deur. “Sorry, pa…sallie weer nie, pa. Ek is honger pa.”
Stiefpa’s kan dit nog moeiliker hê. Staan op jou regte, boet, en ignore die brats………….!!!!!!!!!!! Hulle like dit nie. Moenie aan hulle timmer nie, want hulle word geleer om die cops op jou te sit as jy dit doen. . Laat weet gerus wat julle dink, pa’s en stiefpa’s.



