BlogsDie WoestynrotOpinion

“Daai ou ghibbes van jou wat jy só oor moan….”

Ek sit en bekyk die ou spulletjie so. Aap en Miesies Aap is aan die stry. Big time, donner-en-bliksem aan die stry. Miesies Aap sê hy waardeer haar nie meer nie, en ek is geneig om met haar saam te stem. Ons sit op die gras, waar my ou ghibbes vir ons ‘n heerlike spread …

Ek sit en bekyk die ou spulletjie so. Aap en Miesies Aap is aan die stry. Big time, donner-en-bliksem aan die stry. Miesies Aap sê hy waardeer haar nie meer nie, en ek is geneig om met haar saam te stem. Ons sit op die gras, waar my ou ghibbes vir ons ‘n heerlike spread uitgepak het. Die Bowman en Miesies Bowman doen so bietjie pajamadril daar eenkant, waar hulle jongman luidkeels sy misnoeë met die wêreld uitsaai. Shame, die pajamadril tog….(sal ook oorwaai, dan kan die Bowman bietjie slaap).

Aap kerm oor sy ou vrou, sy ou ghibbes, sy ou ding, hom bietjie vasvat. Hy is dikbek de donner in, en ek trek hom bietjie eenkant toe.

“Wats jou storie?” wonder ek. Hy skud mismoedig sy kop.

“Dis sy…ek kan net niks reg doen nie,” kla hy meewarig. Ek onderdruk ‘n giggeltjie.

“Het jy nog steeds nie daai gat in die dak reggemaak nie, Aap?” vra ek.

“Nee,” brom hy. “Maar dissie nodig dat sy so aangaan nie.”

“Dis al vier maande, Aap.”

“Ja, ja…” Hy krap agter sy oor.

“Sy is te goed vir jou, Aap. Ek sou jou lankal in jou moer gejaag het.”

“Ja, ja…eh…hoe bedoel meneer dan nou?”

“Sy was jou onnerbroeke, Aap. En pak jou kas reg. En jou toolboks. Sy moet ‘n toilet na jou gebruik, en saam met jou in een kooi slaap as jy die aand daai helse rump steak opgeëet het.”

“Dis genoeg om enige girl ‘n goue medalje te gee.” En die bewende blou papparellekoors op ‘n galoppende horriesperd, sê ek, nie hardop nie.

Aap krap weer agter sy oor.

“Sy sorg goed vir jou, Aap. Wanneer het jy haar ‘n bossie blomme gegee?”

“Uhhh…,” begin Aap te wonner. “Shoot, ek weet nie.”

“Of haar gevat vir ‘n uiteet, ‘n movie, of soiets, huh?”

Aap trek nou aan sy ore. Hy vat aan sy pakkie sigrets. Ek keer.

“Jy gaan nie daai stink stront hier rook nie,” sê ek. “Dis nogge ding, Aap. Sy verpes die rokery, maar ek hoor jy rook tot in jou kooi ook, weet jy?”

Die Raybans sak ‘n entjie van sy snoet af. Ons draai om as die girls roep.

“Kyk daar, Aap. Daai is jou beter helfte, as ek jou so kyk.”

Aap stap nader en gee sy ou ghibbes ‘n drukkie. Toe ek die volgende dag by sy huis verby ry, sit die ou donner op die dak. Miesies Aap sit op die voorstoep en tee skink. Daar staan ‘n helse bos rose op die tafel, en skielik weet ek hoekom my rose so kaal is. Die twee ou swernote smile weer vir mekaar, en die wêreld klink reg. My eie ou ghibbes het vanoggend weer die bed alleen opgemaak. Miskien moet ek tog maar vir haar daai dagbreekpiekniek op Talanaberg organise. Dan kan ek haar sien smile as die son opkom agter ons.

Sela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button