BlogsDie WoestynrotEditor's choiceOpinion

‘n Storie van jakkalsjagters, Zoeloedansers en voorstedelike legendes

Hulle was te groot om deur die tralies te kom, en toe die een my sien, sê hy vir sy tjommie, "Daars hy....sien, ek het jou mos gesê. Kom ons los hulle maar vir die grotes"

Mites, gesegdes, verhale en lang stories. Daaglikse brood in ‘n toergids se lewe. En dan kry jy nog te doen met slim mense en klein jakkalsies wat dit net laat floreer.
Hier word ek nou deur ‘n heer vanuit London ingelig dat dinge by die Slag van Isandlwana eintlik anders plaasgevind het as wat, en talle ander, eintlik nou dink.
Dit laat my nou dink aan die ou Zoempie, wat dink hy is “in tjaarts,” en al die belangrikste dinge nou hier doen. Ek wonder of hy weet hy is eintlik ‘n slagveldgids..?
Miskien moet mens hom uitnooi om ‘n toer te kom doen. Dan hoef ek nie te sukkel met aandetes wat nie te voorskyn kom nie, of staflede wat van gaste vergeet (sommer twee aande na mekaar) of papwiele by Isandlwana Museum nie. Kan jy jou voorstel wat gaan gebeur as ou Jacob daar aankom met twee of drie gaste aan die tou..?
Man, ons gaan mos sommer onmiddellik die storie aanpas, sodat al die bose koloniste in die hek duik, en al die rooibaadjies sommer tot op die krieketveld verjaag word. Die busbestuurder moet tog net nie vir hulle ‘n krieketkolf gee nie.
Ek kan dit nou al sien. Die New Era dek die toer, die Guptas betaal die middagete by ou Charles se plek, en die manne oefen gougou krieket daar op die gelyk vlakte waar die mal kolonel en sy kamp gestaan het.
As ek teen uitskeityd nog nie as Minister van Toerisme aangestel is nie, gaan ons in komitee, verjaag die New Era en al die ander geelbladsye, stel daai Zoeloekoerant aan om die uitslag deur te stuur kabinet toe, en vlieg dan die hele span in waterkloof toe met Zupta se Trouboeing.

Ek is haastig op pad Bloedrivier toe, maar die Bowman wag vir my storie. Hierdie menigte klomp vakansiedae en langnaweke vou oor ons toe soos rou pizzadeeg, en iewers hoor ek ‘n Kentucky-hoender na sy kuikens roep.

Iemand moet net onthou om al die leë kospakkies en gebruikte kondome te gaan optel. Pasop tog ook vir die leë bottel en assegaailemme wat dalk daar mag rondlê. Man wil regtig nie daarin trap nie, want daai nuwe Zika-virus, wat so deur muskiete hier rondgevlieg word, mag dalk net in jou sisteem beland, en wie weet, dalk word jy die nuwe minister van gesondheid.
Gepraat van muskiete….ek word laasnag wakker, en hoor twee helikopters hier in die straat, voor die hospitaal.
Toe ek by die venster uitkyk om te sien watter ongeluk tog nou weer plaasgevind het, sien ek twee muskiete voor my diefwering huiwer. Hulle was te groot om deur die tralies te kom, en toe die een my sien, sê hy vir sy tjommie, “Daars hy….sien, ek het jou mos gesê. Kom ons los hulle maar vir die grotes.”
Ek is haastig op pad Bloedrivier toe, maar die Bowman wag vir my storie. Hierdie menigte klomp vakansiedae en langnaweke vou oor ons toe soos rou pizzadeeg, en iewers hoor ek ‘n Kentucky-hoender na sy kuikens roep.
Dis tyd om die toeriste te gaan vermaak.
Dis nie elke dag wat daar meer as een per week in hierdie cowboydorpie kom kuier nie
Sela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button