BlogsDie WoestynrotOpinion

Een honderd jaar later – het die wêreld slap en siek geraak…

Vanaand, 20 Julie…..die vuurmonde het stil geraak. Sou die Duitsers nog in die woud wees…? Die kolonel het gesê ons gaan onttrek. Ek kan nie hoor nie, want daar is ‘n duiwelse gedreun in my kop. Jy sien net ‘n man se woorde, jy hoor hulle nie. Die verpulpte aarde reik nie meer in waansinnige …

Vanaand, 20 Julie…..die vuurmonde het stil geraak. Sou die Duitsers nog in die woud wees…?
Die kolonel het gesê ons gaan onttrek. Ek kan nie hoor nie, want daar is ‘n duiwelse gedreun in my kop. Jy sien net ‘n man se woorde, jy hoor hulle nie.
Die verpulpte aarde reik nie meer in waansinnige stofduiwels na bowe nie. Dis so asof daar ‘n slymerige wese in die stinkende modder leef wat met verlengde kloue na ‘n God in die blou hemel wil reik om Hom te vra of hy dan nie omgee oor die gebreekte bome nie…?
Die wêreld om ons is ‘n donker, rokende gat. Ons is nog gelukkig, want ons bevelsposte is droog. Die reuk van dooie mense is nie so erg soos verder noord, waar offisiere in ‘n mensvleissop van gebreekte soldate en ou olie moet huiwer om diens te doen nie.
Reuke en klanke wat jou altyd sal bybly. Die seerkrygeluid van ‘n jong man wat iewers in die donker in ‘n gat lê, halflyf in sy eie bloed, of water, as hy nader aan die kus diens doen.
Vuurmonde wat steeds honger bly soek na bloed, teen die tempo van vier kartetse per sekonde, en manne wat vloekend wegskarrel na nuwer gate as die liddiet te naby brand.
Honderd jaar later sit ons stil en kyk, gekluister aan ons rolstoele as bene nie meer wil werk nie.
Dan onthou ek ook nie die naam van die vrou wat my kniekombers oor my gekalsifiseerde lendene rangskik nie, maar ek hoor nog hoe die kolonel op sy boodskappers skreeu dat hulle aanvrae vir vars ammunisie by Bataljon moet uitkry.
Bloedoffers en diens vergete, ‘n jeug histories-gestremd, en ‘n wêreld wat polities-korrek reikhalsend staan en wag vir nuwe bandwydte. Marmer klaagstene wat in ernstige seremonies deur gedempte en gevierde persoonlikhede tot volksbesit verklaar word, en dan vergete gelaat bly in die oorgroeigras van nuwe generasies se ongeërgdheid.
Wat sal jy, jongman, maak as ‘n verklaarde vyand se vlieënde vuurmonde die dood vanuit ‘n kilblou hemel saai, en hul voetgedrewe infanterie oor die onbekende grense van jou ingeperkte, veilige, bandwydte-geleide hawe waar jou verstand deur ‘n skootrekenaar omlyn word, sou instorm…??
Sou jy daardie hawe vaarwel toeroep, daardie video op Youtube afskakel en gaan doen wat jou voorgeslagte sonder aarseling kon bemagtig…?
Of sou jy eerder die Menseregtekommissie epos en klagtes formuleer oor haatspraak op sosiale media….?
Sou jy eerder ‘n drogmedia aanhang vir redding, of sou jy iewers in jou 21ste eeu-lewe, met jou sagte handjies en jou onbruikbare oë wat jy aan Bill Gates geoffer het, ‘n Damaskusoomblik ervaar en ‘n wapen optel om jou bestaan in hierdie kranksinnige wêreld te rasionaliseer…?
Of gaan ons kyk hoe jy soomloos deel word van dit wat ons van die deur weggehou het..?? Gaan jy jou toekoms bemagtig deur te eis dat ander dit doen..?
Of gaan jy jou eie hande uit die moue trek en dit self doen..?
Tydens die Veertigerjare van die vorige eeu het ‘n geslag Britte dit gedoen toe hulle alleen gestaan het teen Nazi-aggressie en die Vrye Wêreld.
Vandag word hulle as oorbodige laste deur die samelewing vir wie hulle oorlewing bewerkstellig het, hanteer.
Dit terwyl die lede van daardie samelewing die gratis uitdeel verbruik wat op iemand anders se rekening gekoop moet word.
Gaan jy die testikulêre standvastigheid hê om jou eie toekoms te bemagtig, of gaan jy dit by iemand anders roof omdat jy nie jou sleutelbordhandjies wil vuil maak nie….?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button