Om in Newcastle te shop, of om nie in Newcastle te shop nie….
Die sangomas is die ouens wat Panados vir hartsere en toonstampe voorskryf

Die Bowman het ‘n paar tawwe weke agter die rug. Ek dink hy was dalk by ‘n sienjorgoma om sy toekoms te laat lees. Die sangomas is die ouens wat Panados vir hartsere en toonstampe voorskryf, maar die siejorgomas is die Endumeni Munisipaliteit se konsultante wat die planne maak vir COGTA en die Tourism Dundee-komitee. Hulle sien so ver die toekoms in dat Accuweather hulle ook al geboek het vir reëndanse. En Himeville se B&B-eienaars.
Die Herr Burgomeister het intussen saam met die spietkopse padblokkades gedoen, so miskien gaan ons dalk weer verkeersbeamptes op strategiese punte sien….? Dalk voor die Royal, waar hulle sit en WhatsApp op hulle selfone…??? Hmmmmmm…..?
Dink hoeka dis tyd dat hulle die Tarentaal aanskryf vir jaywalking. Daar word deur sekere mense gesê dat die werkersklas in Glencoe woon en in Dundee werk – volg net my oë. Ek sien hoeka my werktuigkundige het nou ‘n barman geword – in Glencoe, so hy werk nie in Dundee nie. Net as ek hom aanskryf om die Condor se timing chain te kom soek…of is dit nou stel…?
Koop in Dundee..? Ja, seg, as jy nou die sewentiende keer in Pick ‘n Pay inloop, en die piesangs is almal groener as Saint Patrick se hoed, dan moet ons maar ry. Peter Davey verkoop nie piesangs nie, en die Lawnmower Man langsaan is ook nie in die mark vir sagte groente nie.
Nou gaan soek ons maar yoghurt. Okay, daar is al die laaste week nie meer double cream Greek op die rakke nie, so daar ry ons alweer. Die securities by Sunset Rest ken ons al.
Die haarkappers in Willsonstraat sê my hulle sny nie etniese hare nie, so daar gaan koop ek maar ‘n haarknipper by Clicks. In Majuba Mall, as ek die yoghurt gaan soek. Daar is nie vakbondvergaderings in Allenstraat nie, en sommige van die mense weet dat jy toegee na regs by ‘n verkeersirkel. Vir al die treffiek aan jou regterkant. Dis nie ‘n flippen vierrigtingstop nie, sê ou Frikkie.
Dundee het ‘n geraasprobleem. Die mense op straat noem dit boombokse. Jy spreek dit uit as boembokse….!!!! Dis nou swart Golfies en sportsgerieflike alle terrein voertuie met moerse boombokse in hulle. Soms ook Mercedesse. Hulle vergader elke middag op elke beskikbare stukkie oop grond aan die Wasbankkant van die spoorlyn, en dan draai hulle daai kwaza-kwaza Skwatta Camp dromme oop dat die putty uit jou vensterrame vibreer.
Die duur whiskey en groen bier loop soos kondome op ‘n prostituutkonvensie, en so af en toe hoor jy ‘n cherrie gil as daar ‘n cherrie klap op ‘n Mercedes-bonnet. Hierdie boembokse is baie gevaarlike goete, want enige wetstoepassing loop wye draaie om hulle. Bel nou die tjaarts offies eenuur in die môre as die cherries klap en die vensterputty vlieg, dan hoor jy die stories soos daai manne konstabel pleit. Dan is al die wênne op ‘n assault charge uit Wasbank toe, en jy gaan sit maar die tiewie aan om die background noise uit te filtreer, tape die worshond se bek toe, en gaan klim onder jou lakens wat jy by Mr Price Home in Newcastle gekoop het.. Sela.



