Die Tarentaal word weer wakker en die wêreld soek laventel..
Hmmmmm….ou Mieliepit, die Willsonstraattarentaal, was weer op ‘n sleg oomblik gevang. Al die Willsonstraatskarmonkels het hierdie week vir vrede moes vlug toe die Tarentaal sy moer pluk vir die stadsvaders wat weer vergeet het om die hoenderstront van die drempels te kom afvee. Die nagkar het mos weer agter die Curry Parlour vergete gestaan soos …

Hmmmmm….ou Mieliepit, die Willsonstraattarentaal, was weer op ‘n sleg oomblik gevang.
Al die Willsonstraatskarmonkels het hierdie week vir vrede moes vlug toe die Tarentaal sy moer pluk vir die stadsvaders wat weer vergeet het om die hoenderstront van die drempels te kom afvee.
Die nagkar het mos weer agter die Curry Parlour vergete gestaan soos wat die Burgermeister en sy trawante weer hulle se sôre kom try versuip het, want oorlat die hele ou spulletjie mos soos die Premier’s Office uitmekaargegly het toe die tattiekoeroes mekaar daar in die Kremlin pak en die ou spulle buite oppie pavement mos kom verder parlement hou het.
Dis mos daar waar die Tarentaal, die opsetlike ou bliksem, met ‘n helse gedruis daar uit sy hok gevloog kom dat ou Aap en een van sy trawante mos dag miesies Tarrentaal het stellig weer innie bed moes gepoep het. Die enigste probleem was lat die Tarentaal toe in een van die k*k emmers trap wat innie straat vergeet was, en die ou donner daar neerwetter soos wat sy wêreld se substans hom terstond verlaat.
Van lat Aap en al sy makkers die Dundee Diehards gejoin het, sien ons glad nie meer ‘n Harley innie strate nie. Die Burgermeester en die Aai-Ef-Pie piepie hulself elke keer nat wanneer Miesies Emmiesie hulle kom skêl oor “friwwelus spending,” en innie proses het die dorp se “Syffetie en Sekoeritie” soos droë pap oppie pavement loep lê..
Na vier innie mirrag in vind daar geen law enforcement innie dorp meer plaas nie, en die populasie ruk hanne uit. Die Bowman het tot sy bittere verdriet mos agtergekom dat die pavement parties aan sy kant vannie spoor ook op die strate kan uitspoel, en oor Coronation Park oefen die Keystone Kops, onse plaaslike toneel-ensemble, hulle bergklim-skills, oorlat die manne mos hierdie vir Kieliemanjaaroe wil gaan uitklim. Dis moet waarom hulle zokker-all anners doen, het die Tarentaal by my hekpaal gebrul. Die Bullie druk sy neus toe, toe hy aan die Tarentaal se stewel gaan ruik.
Van lat Aap en sy klomp skollies nie meer by ons kom verbydreun nie, het die bullie deesdae daai broekskeurglinster innie oog as sy vir Tarentaal, die mankoeliekige ou bliksem, net sien.
Klein tarentaal het hoeka ‘n gemeente op ‘n berg iewers in die suidland gaan begin, en mense sê hy gaan deesdae saam met die Shembes kerk toe.
Ai, tog….red nou ‘n volk. Ons verstaan daar’s in doodste stilte innie Kremlin, en ek het hoeka die idee dat Tarentaal hulle laaste Johnny Walker Black dalkies moes gejanlap het, die ou bokker. Aap het so uitie bloute laat weet dis dalkies hoekom ou Miesies Blonde Gate van die Aai-Eff-Pie wat hom met ‘n lang slaanding wou gooi, en nou issie hele ou boggerse spul vasgevang innie hoendermis soos wattie antie oppie vloer gemors het.
Die bullie sug swaar daar waar hy by die hekpaal die luidrugtighede van die volk gadeslaan. Ek kan sien hy mis vir ou Aap, want dis ook nie meer pret om die Bowman in die boom in te jaag nie.
2017 begin op ‘n slakkenoot, willit voorkom…?



