BlogsDie WoestynrotOpinion

“Wanneer dinge weer dieselfde, en déjà vu meer as twee kort woordjies word..”

Die hele wêreld lieg vir jou vandag

Déjà vu. Dis regtig twee kort woordjies, maar dis ‘n baie goeie etiket vir die gevoel dat jy hierdie saak al voorheen gedebatteer het, of dat jy hierdie honded**l al voorheen raakgetrap het, op dieselfde plek.
As oumense aan jou perded***le vir vye kom verkoop, en dan verwag jy moet glo dis vye, dan raak die twee bostaande woordjies baie kort.
Déjà vu. Wat maak jy as iemand vir jou lieg, en jy weet hy of sy lieg, en hy of sy weet jy weet hy of sy lieg, maar hulle hou maar aan met lieg, en dink dat jy dalk tog nie sal raaksien dat hy of sy lieg nie…?
Lieg. Die hele wêreld lieg vir jou vandag. Die wolke lieg vir jou, en die son lieg vir jou, en die wind daarbuite lieg vir jou. Dit lyk eers of die wind nie gaan waai nie, en dan skielik reën dit katte en honde oor jou, en die wind pluk boomtakke af sover as wat jy kan sien.
Die probleem is net, as jy hierdie ou selfoontjie van jou vat, en jy gaan ploeg deur daardie weerapplikasie, dan sien jy daar staan helder sonskyn by vandag se datum.
Dit was twee ure terug korrek, maar intussen het die weergode die wêreld op sy kop kom keer.
Byna agt jaar gelede, op ‘n Vrydagaand, bars daar skielik ‘n kakafonie los hier van ‘n noordelike rigting uit.
Dis was duidelik ‘n boombox wat iewers aangesit was, en toe ek om die muur kom, toe sien ek hulle: die hele donnerse park was byna vol met fancy karre en elkeen speel sy eie version van die jaar se Grammy-wenners, so hard as moontlik.
Nou verstaan ek ook hoekom my vensterputty nie hou nie. Met die weeklikse musikale voordrag waarmee ons geseën word, vibreer die vensters se glaspanele soos Geigertellers.
Jy kan geen venster wat sy sout werd is, blameer as hy uitval nie. En dan is hierdie manne swaaiboude. Hoogtrap en lanklê was die inding. Plaaslike tradisie…? Kultuur…?
Okay. Ja. En toe skop die déjà vu-ding weer in. Ek onthou hoe daar pynlike vergaderings met ondoeltreffende munisipale amptenare en blinkskoen-polisiemanne gehou is. Almal kug dramaties en belowe ‘n verskerping van kapasiteit. Ja, reg.
Volgende Vrydag skop die déjà vu-ding weer in.
Ek sweer dis dieslefde Jeeps en BMW’s wat daar staan, en dieselfde groen Heinekenbierbottels en Johnny Walker Black-lyke wat daar lê. My moer strip en ek stap oor. Buurman saam.
Dis laatnag, en deja vu belowe ons geen polisieteenwoordigheid nie, maar een skoot met ‘n haelgeweer in die onwettige braaivleisvuur se kole in, baie jare terug, en déjà vu vlieg in hul blink karre in. Weg. Huistoe. Die jakkalse kom weer uit hul gate uit, en vrede sak oor ons neer.
Met die Shame of the Nation kom sit déjà vu met ‘n groot, breë glimlag reg voor my. Dieselfde withemde gryp weer vir ou Julias aan sy k**ters, en die manne met hulle rooi suitjies loop brom-brom buite die Parlement rond. Wanneer gaan déjà vu sy naam na o, my bliksem toe verander…..?
Gaan ons maar wag tot die bloed loop..?
En nou is déjà vu terug. Ek gaan gou my G6 opstart.
Sela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button