BlogsDie WoestynrotOpinion

Die dreuning duur voort, en ubuntu struikel oor sy rommelstatus

Toe die Duitsers genoeg gehad het, het hulle die strate gevat

Die Leipzig-opsie is nie noodwendig ‘n uitdrukking wat aan die meerderheid Suid-Afrikaners bekend is nie, maar hulle het reeds in 1836 ‘n rou onverwerkte voorbeeld daarvan aan die wêreld bekendgestel toe hulle in protes teen Britse vergrype, die pad binneland toe gevat het.

Met die val van die Berlynse Muur in die laat-tagtigerjare het die Duitse volk dit reeds intiem leer ken. Die onderdrukkende regime van Egon Krenz in die Duitse Demokratiese Republiek, oftewel die DDR, was die laaste van hierdie string van verfoeilikheid wat Duitsers van huis en haard weggeskeur het.

Toe die Duitsers genoeg gehad het, het hulle die strate gevat. In die Oos-Duitse stad Leipzig het die hele volk gaan betoog. Die Duitsers het letterlik in hul duisende opgeruk, met banier en plakkaat, en die strate ingevaar. Ek onthou die televisiebeelde, waar die protesterende mensemassa net eenvoudig soos ‘n golf oor die oos-Duitse staat gerol het.

Dan is daar die ANC en sy straatteater van “protes” wat ons al sedert die sewentigerjare leer ken het, met die sout-en-peper van verregse protes bygeroer sedert die Kodesa-samesprekinge, wat ‘n kontroversiële dood saam met drie mans langs ‘n voertuig in die stof van Bophutatswana gesterf het.

Die Duitse weergawe van die Leipzig-opsie het die regime by sy straatvlak doodgesmoor, maar dit het nie noodwendig in Afrika gewerk nie. Of sal dit…?

Gaan die eerste ontkieming van protes teen die ANC-regering en sy president, wat huiwerig saamgehekel was in ‘n paar groot SA stede oor die laaste dag of twee, ‘n oordonderende golf van weerstand kan genereer soos wat ons dit in Oos-Europa in die laat tagtigs gesien het, of gaan dit ‘n stotterende einde tegemoet gaan wanneer die nuutjie afgewerk is? Gaan Suid-Afrikaners wat tradisioneel buite die kring van straatverset oor die jare heen gestaan het, die mantel van teenstand aantrek en die strate invaar…?

Gaan dit vrugte afwerp met ons huidige regering se kop-in-die-sand mentaliteit van ontkenning, ontkenning en weereens ontkenning? ‘n President wat eenvoudig net sê die mense protesteer omdat hy swart en onopgelei is? ‘n Regering wat eenvoudig net altyd die skuld op iets, of iemand anders pak, en regverdiging vir hulle eie onkundigheid optower uit ‘n bonte mengelslaai van verskonings?

Van Beyers Naude-rylaan tot by die Heerengracht het die verset magtig opgeklink vir een dag. Dis onbekend of dit regtig die teiken se ore gevang het.
Die vraag is nou, is ons reg om voort te gaan? Is ons reg om te konsolideer?
Of het ons gister ons ga**e afgeskrik vir die hooligans? Protesteater, soos net ons dit kan op die planke bring. Nou moet ons net ons lendene omgord vir die tweede bedryf. Winkelvensters uitslaan, voertuie aan die brand steek en vuilgoed in die strate omkeer, gaan net polariseer. Tienderjarige struggle-veterane is net ‘n simptoom van die Johannesburg-opsie, en dit werk nie. Ons moet opgradeer.

En ek praat nie van selfoontoepassings nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button