BlogsDie WoestynrotOpinion

Die dreuning duur voort, en slaggate word loopgrawe…

Dit gaan nie help dat net Zuma uit die kussings gelig word nie

Dit wil begin voorkom of die protes teen Zuma nou van die strate af na die howe gaan verskuif, met die eerste sukses waar Zuma nou opdrag gekry het om sy kabinetskommeling te verduidelik.

Mense skyn heel in hulle skik te wees met die blykbaar nuutgevonde broederskap tussen die opposisiepartye, en die ANC mor in hulle moue op openbare platforms oor lede wat “uitdagings” en verskille in die openbaar uitwas.

Die vraag nou is, is daar lewe na Zuma? Het die ANC iemand wat werklik ‘n verskil gaan maak? Is daar iemand wat die onbeskryflike skade kan begin herstel wat deur Zuma en sy kohorte aan die land hier, en in die buiteland, aangerig is….?

‘n President van ‘n land, wat sanksies en optrede teen ‘n deel van sy eie mense aanmoedig, numeries totaal ongeletterd is, (al gesien hoe dryf Britse televisie die spot hiermee…?) en ‘n president wat openlik vir die parlement gelieg het, en ook sy agterent aan hofbeslissings afgevee het.

Die punt is, na meer as twee dekades se regering deur ‘n tipiese, Kommunisties-gesinde bevrydingsbeweging, wat net nooit die paradigmaskuif na ‘n politieke party kon maak nie, en vandag nog aan argaïese en uitgediende beginsels vaskleef, is dit nie die president wat die probleem is nie, maar wel die stelsel wat hom toelaat om te doen wat hy doen.

Dit gaan nie help dat net Zuma uit die kussings gelig word nie.
Hy kan maar sy dag in die hof kry en antwoord op al sy aanklagtes wat steeds teen hom hang, maar die stelsel gaan net ‘n nuwe kader in sy stoel in ontplooi, en dan begin die hele sirkus van voor af.

Die president het absoluut elke keer nog ‘n mosie van wantroue in die parlement oorleef, en dis nie omdat hulle almal tevrede met hom is nie. Onthou net bietjie die dae, nog voor hy president was, en Mbeki hom ontslaan het, het Shabir Shaik nog vir hom skoene gekoop, en ‘n magdom lyfwagte wat hom beskerm het, en desjare selfs byna in ‘n geveg met die Skerpioene betrokke was toe hulle sy huis wou skud.

Die nuwe gonswoord is wit monopoliekapitaal, wat die nuwe woord vir apartheid is.
Dis daardie abstrakte wese met sy blonde hare en blou oë wat al sedert die beginjare gesorg het dat elke indoena in hierdie land ‘n pak klere het om aan trek, dat daar geld is om hulle te betaal, en ‘n swart mouter het om die blits op straat mee te maak sodat die stembeeste kan jubel. Dan praat ons nie van brandpoele en bokhokke en heinings wat om val in die keiser se paleis nie.

Die keiser is kaal, en die stelsel gaan hom kaal hou. Dis ‘n probleem wat oorkom kan word, indien ons amptenare kan kry wat nie gaan dink dat witmans vegvliegtuie steel en by hulle huise aanhou nie. Of ministers wat skielik plase het, en dan vrek al wat lewende hawe is van die honger daar.
Iets is verkeerd met hierdie prentjie……

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button