BlogsDie WoestynrotOpinion

Baba-skerpioentjies en millenium Che T-shirts op my brekvismenu

Die wêreld het nie spesiale publieke badkamers in my kinderdae aan manne beskikbaar gestel wat nie kon besluit of hy transgender, man of muis was nie

Daar is blykbaar deesdae ‘n soort van skepsel wat die millenium-man genoem word.
Dit kan nou ook die Millenium Man, of die Milleniumman genoem word, afhangende seker van waar hy sy koffie meng of sy serpie koop.

Ek bedoel, in die dae toe ons groot geword het, was selfone wetenskapfiksie, tieners het nog maniere gehad, en die millenials, of was dit dalk nou die Amerikaanse Democrats…??…. het nog nie ‘n battery wanordes aankemaar gebrei waaraan die onaangepaste man, of die wanaangepaste tieners op skool, kon lei nie.
Dis nou om redes te boekstaaf hoekom jy ‘n terminaal-ongeskikte klein twak nie met ‘n stuk hout mag moer as hy dink dis snaaks om sy ma met die vuis te slaan nie. Of om rook in sy pa se gesig te blaas nie.

Dan dink hulle die kind het ADD, of AHHHDDD, of wat ook al, want daar is sielkundiges en psigiaters in die wêreld wat al boeke geskryf het om empiriese getuienis voor te berei sodat suburban Amerikaners kan dink hulle bloedjies is terminaal siek as die brats nie die mees basiese konsepte van goeie maniere verstaan nie.
YouTube is vol van video’s waar groot en dikgevrete lummels dink dis moer snaaks om ‘n ou vrou met die vuis te slaan dat sy op die grond val. Daar is ook ‘n versameling mense wat dink dis vet pret om swakkelinge te boelie en te verneder, hulle eiendom af te vat of enige ander laakbare gedrag wat iemand aan kan dink.

En daar sal altyd iemand wees wat die hele verhaal op ‘n selfoonvideo iewers het. Wat is fout met hierdie wêreld..?
‘n Wêreld waar iemand dodelik eksepsie neem teen iemand se politieke oortuiginge, godsdiens, velkleur, kossmaak of klerevoorkeur, en dan sielkundige hulp moet kry om die vooroordele van die maatskappy te kan hanteer. Waar is die dae toe ‘n man nog sy pak soos ‘n man gevat het, huis toe gegaan het, ‘n dop gaan drink het, en die volgende dag weer probeer het?

Die wêreld het nie spesiale publieke badkamers in my kinderdae aan manne beskikbaar gestel wat nie kon besluit of hy transgender, man of muis was nie, ons het nie ons eie vlae gebrand omdat ons gedink het die lap waarvan die vlag gemaak was, rassistiese voorkeure gehad het nie. Kinders het baie beslis nie baarde skool toe gedra nie, en nie een van ons het enige psigiatriese afwykinge oorgehou daarvan nie.

Dis nou as jy nie die drang om jou werk op tyd, korrek en goed te doen, betyds vir werk opdaag, die deur vir jou ma oop te maak, en respek betoon het vir mense wat jy nie ken nie.
Sal jy vandag niks daarvan dink om ‘n man (of vrou) in die openbaar in die verleentheid te stel voor sy familie nie..? Sal jy op gestremde parkering stop en dink dis jou reg, want jy is mos “haastig?”

Hier is ‘n paar millenials in hierdie dorpie wat dink Leo Trotsky was ‘n Joodse koekbakker in Moskou, Che Guavara t-hemde dra en dink hulle is oulik as hulle ateïste of helderdinkende “newborns” is?
Jou lewe was nog nie swaar nie. Nie een van julle ken “struggle” nie. Trek jou pote uit jou gat uit, en maak iets van jouself.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button