BlogsOpinion

Almal van ons kan doen met ʼn vakansie

Ons moet kan ontspan en die lewe geniet en nie te veel oor die toekoms tob nie

Hello julle almal. Hoe gaan dit met julle? Het julle die agtste week van die ‘lockdown’ terdeё geniet? Hopelik aan die einde van die maand kan ons afskuif na ‘Level 3’ toe en verkry dan ʼn paar nuwe toegewings. Lande reg-oor die wêreld begin nou om die beperkings wat hulle ingestel het te verlig.

Daar is baie voorbeelde: Restaurante en kroeё maak oop in Italiё, fabrieke in die VSA en haarsalonne in Pole. Ek is darem dankbaar dat ons daagliks danksy ‘level 4’ buite in die strate kan beweeg om bietjie oefening te kry. Net om so ʼn bietjie van die huis af weg te kom. Ek hoor die Ladysmith tronk se loper (die sleutel wat alles in die tronk oopsluit) het voete gekry.

Ek hoop dit word gou opgespoor, want ek dink nie julle slaap baie lekker, wetende daar is ʼn sleutel wat rondlê nie… Het julle gehoor die Comrades is afgestel? Gelukkig het ek nog nie begin oefen nie.

Die “July”-perderesies lyk my gaan aan soos wat beplan is al sal daar geen toeskouers wees nie. In vandag se tye is dit ʼn verskynsel wat al hoe meer voorkom. In SuidKorea gaan die bofballigas en in Duitsland die sokkerligas aan sonder enige ondersteuners op die pawiljoen.

Mag die rugby en krieketbase asseblief met iets soortgelyk vorendag kom! Kom ons praat oor iets anders. Ek dink elkeen van ons kort ʼn vakansie. Ek weet party mense sal sê dat die ‘lockdown’ vakansie genoeg is vir diegene wat nie mag gaan werk nie, want hulle bly net by die huis en tel tande. Ons elkeen kort ʼn vakansie, ongeag wat ons tydens die ‘lockdown’ doen waar ons so ver as moontlik van die huis af kan kom en nie hoef te bekommer oor ʼn onsigbare vyand met die naam Covid-19 nie.

Also read: Ladysmith lass Mmangaliso Gumbi talks about life after Idols SA

Ons moet kan ontspan en die lewe geniet en nie te veel oor die toekoms tob nie. Een van die verste plekke waar ek al van die huis af was is die dorpie Inhassoro in die noorde van Mosambiek, agtien ure ver as jy met die kar ry.

As ek ʼn uur of wat verder gery het, kon ek by Tanzaniё uitkom. My blyplek was op die oewer van ʼn soutmeer wat in die see inloop. Dit is ʼn beeldskone omgewing. Elke dag kon ek sien hoe die son oor die meer opkom of sak.

Dit is die ideale plek om vis te vang of te skubaduik. Wat ek veral geniet het was die bootrit op die ‘estuary’. Soos ons verder van die see af beweeg het en dieper op die ‘estuary’ gevaar het, het ons baie nuwe plant en voёlspesies gesien wat nie hier gekry word nie. Die water in beide die see en die meer was lekker warm, die strande was ongerep, saans het ek met ʼn oop deur en vensters geslaap.

Elke dag het ek seekos, varser as Ocean Basket s’n, geёet en daar was genoeg yskoue bier om dit mee af te sluk. Daar was ook nie sein of 24-uur elektrisiteit nie en dit was die perfekte plek om my batterye te herlaai. Ek sal nie omgee om nou daar te wees nie. Soos ek sê, ons almal kan doen met ʼn vakansie. Lekker dag verder.

Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter. Join us there!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button