BlogsOpinion

Brace yourselves as we advance and evolve to level 3

En dan asof dit nie genoeg is nie, moet jy nog een en 'n halwe tiener homeschool ook

Yay! Lockdown level 3 is in sig… wat beteken dit? Ek weet nie… niemand weet nie, want net as jy dink jy het die reëls en regulasies onder die knie, opgeswot soos ‘n wafferse Tukkies student – dan kom daar ‘n nuwe regulasie by. Ek hou nie meer tred nie, want net as jy dink die longstokkies se ban word gelig, dan word dit weer geban. Gelukkig word my gin se ban gelig, maar ek is te bang om opgewonde te raak – want daardie ander ou tannie met die kopdoek kan dalk net weer besluit dat saliva kan versprei word deur alkohol. So, I am not getting my hopes up!

En dan hoor ek nog dat daar net sekere dae en vir ‘n sekere tyd alkoholiese verversings verkoop gaan word – nie eens te praat van die voëltjie wat gesing het oor toustaan volgens jou van nie. Nou kyk, nog nooit in my lewe was ek so bly om ‘n van in die geboorte van die alfabet te hê nie. Want ek sal beslis iewers eerste op die lys wees. Ek is ‘n social drinker, maar o wee die lus vir ‘n ou ginnetjie, ek het nou al my standaarde laat daal na non-alcoholic gin en tonic – dit proe na niks, miskien na dry lemon infused met imagination, ja! Gedink my kop sal my proe-kliere trick in believing dat dit regte gin is, maar helaas! Ek wonder of die regering besef wat dit vat om jou sanity in plek te hou wanneer jy ‘n ma van ‘n tiener is.

En dan asof dit nie genoeg is nie, moet jy nog een en ‘n halwe tiener homeschool ook. Hulle het nooit daaraan gedink nie, het hulle? Nee, obviously nie! Want andersins sou hulle nooooooit die drankwinkels geban het nie, maar eerder afslag gegee het vir tiener-ma’s en homeschooling ma’s… ons het dit nodig! Dis essential! En geen toustaan vir ons nie – dit moet eintlik sommer ‘n inbel en afhaal proses wees. Die res van die mense kan maar toustaan.

Want as jy mooi daaroor nadink… polisie, verkeersbeamptes en EMS is almal essential. Maar julle vergeet dat ons, die ma wat die brunt van die tiener moet deurstaan – die homeschooling ma van die tiener en die ander halwe een eintlik in werklikheid essential is! En dit is essential dat ons nie moordpleeg nie! Dus moet ons ook ‘n tag kry om eerste in die drankwinkel in te gaan en sommer ook in die grocery winkel. Kyk, ek kan baie dinge handle – maar hierdie ge-queuery kry my onder. Ek wil soooooo graag net weer in ‘n winkel instap sonder om deur ‘n screening te gaan soos by doeane. Ek gaan net apteek toe, dude, nie Ierland toe nie. Ek wil net ‘n ou botteltjie hoesmedisyne koop, nie ‘n bom op die vliegtuig plant nie. Wel, ek overdramatize, yes, maar dis hoe dit voel – jy moet gescreen word net om die essentials te koop. Ek kla nie,want ek besef dis vir ons almal se veiligheid. Wat dit ookal mag beteken, want wat vir my veilig is, is nie noodwendig vir die volgende persoon veilig nie.

Maar anyway, laat ons nie te diep begin krap en vrae vra nie. Al wat ek wel vra is, maak asseblief tog die bottelstoor essential op hierdie level, en ja, ek weet hulle het gesê dit word oopgemaak. Maar ons weet ou madam Autocorrect gaan dalk weer ‘n eier lê en dan gaan hulle dit weer ban. So ek kan nie, al wil ek hoe graag opgewonde raak daaroor – ek is te bang! Bang soos ‘n skoolkind wat deur die hoof oor die vingers getik gaan word. Maar oh hell, let’s not even go to that topic… die skole! So graag as wat ek my tiener en die halwe een uit die huis, en terug by die skool wil hê sodat hulle die onnie kan irriteer eerder as vir my – is ek ‘n senuwee-wrak! Want in my eenvoudige mind, kan ek nog nie sien hoe gaan kinders social distance nie. Hoe speel jy met ‘n maatjie twee meter weg van jou? Dit gaan ‘n geval wees van… O hallo, Sannie, ek het ‘n broodjie vir jou gebring en dit is gesanitize, ek los hom op die klip vir jou. Sannie hol dan verby soos by ‘n drive-thru en gryp haar broodjie? Waar is die hygiene nou? Ek is nie negatief nie, ek is net bang. Bang vir my kinders en bang vir ander mense se kinders.

Ek verstaan heeltemal dat die kinders nie kan agter raak nie, maar ek drink mos, ek bedoel, ek teach mos! Ek is dalk nie die beste onnie onder die son nie, en die onnies gaan dalk maar ‘n paar vloekwoorde moet inwerk sodat die aanpassing gladder kan verloop – maar hulle sal verstaan. Eventually sal hierdie ook ‘n normaal word, want die ander normaal is vir nou iets van die verlede. En soos alle lewende spesies, is die mens net so aanpasbaar soos wat die krokodil van miljoene jare gelede moes aanpas en evolve om vandag te kan bestaan. Aanpas en evolve – dis wat ons doen… it is what it is!

ALSO READ: Whose leftovers are these anyway?

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button