
Waar begin ek – my emosies loop oor, die skole was veronderstel om vir meeste grade te begin, maar weens Madam Confused se besluit is net die halwe tiener skooltoe. Ek voel angstig, alhoewel ek heeltemal gerus is met die skool se prosedures en voorsorgmaatreëls; maar daai ou duiweltjie kom sit en fluister stories in jou linkeroor. Die duiwel van die Kinderbybel, lang rooi punterige stert en horings wat jou in die nek poke – asof sy woorde nie genoeg skade aanrig nie. Maar anyway, hy praat my bang… bang om die halwe tiener skooltoe te stuur, hy fuel my angs, hy por my aan om te twyfel, hy veroorsaak hierdie interne oorlog tussen my sanity en my redenasievermoë – this sucks!
Hierdie Rona girl het groot konsternasie hier by ons kom veroorsaak – niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Ek preek elke dag vir die halwe tiener: “Onthou, geen drukkies vir maatjies, geen leen van penne, geen deel van enigiets, en was jou hande en moenie jou masker afhaal nie.” Dit is genoeg om enige tiener of halwe tiener se agressie net verder aan te blaas. My halwe tiener se lont is kort, die pa reken sy aard na die ma – ek weier om daardie statement te aanvaar – pppffttt whatever! So die halwe tiener is nou al redelik geïrriteerd en al wat ek kry is ‘n ‘jaaaaaa mammaaaaaaa, ek het dit die eerste keer al gehoor’. Maar ek ken mos halwe tieners, hulle vergeet maklik, dus ag ek dit my plig om die Covid-moenie-aan-my-vat-nie-preek so gereeld as moontlik af te steek. Ek wil hê my stem moet in haar kop draai wanneer die urge haar dalk mag beetpak om iets by iemand te leen.
Kyk, ek gaan nie lieg nie, hierdie aanpassing gaan damn moeilik wees – 3 maande by die huis en bietjie later slaap en mamma wat nie hoef te jaag in die oggende nie. Dit gaan vir ons albei ‘n aanpassing wees – een wat gepaard gaan met worry. Rona vra nie of sy aan jou mag plak om jou siek te maak nie, nee sy plak en sy spring van een na die ander – net soos daai verdomde glitter. Jy weet mos, as jy glitter gebruik, is nie net die een projek geglitter nie, maar alles en almal rondom dit is ook opgeglitter – nou Rona werk op dieselfde principle. Sy spat willekeurig en onwillekeurig op almal.
Ek wil glo dat my vrese nie ongegrond is nie, ek wil glo dat baie halwe tiener-mammas my gevoel en vrese deel. But I guess this has become part of our lives, and we have to suck it up, en ons moet daardie big girl panties optrek en die toekoms in die gesig staar. Want ek weier om my freedom prys te gee – ek weier om Rona se gevangene te word, MAAR ek sal alles doen wat ek moet en kan doen om haar glitter-vingers van die tiener en die halwe een te hou. Handewas, sanitize en masker aan, dit word ‘n rympie in my huis, I can do this, I have to – it is what it is!

ALSO READ: Confessions van ‘n parallel parking novice
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






