BlogsOpinion

Wanneer die masker jou pas, trek hom aan

Ek gaan nie jok nie, die goed is damn ongemaklik en my ore pyn van my haarwortels tot in my tandwortels aan die einde van die dag

Ek het skoene – baie skoene… en handsakke – baie handsakke. O ja, en parfuum, ek love parfuum. Ek het ‘n fetish, ek sal dit confess – my kas loop oor met skoene, handsakke en parfuum (of parafien, soos die halwe tiener dit noem). Wanneer ek in die winkel instap, stap ek gewoonlik eerste na die handsakke en daarna na die skoene toe. Maar nou het daar ‘n nuwe fetish by my ontstaan, een wat ek vir lank vermy het en gehoop het sal weggaan – dit het nie, dis hier en dit bly en gaan nog vir ‘n wyle aan my kleef.

Maskers – ek het baie maskers, ek hou skielik van maskers. Nie noodwendig die dra daarvan nie, maar die mode daaraan verbonde. Nou hol ek sommer verby die skoene en die handsakke reguit na waar daar moontlik maskers kan hang. Ek het florally maskers en ek het maskers met bling – ‘n girl moet altyd bling in haar kas hê! Ek wil glo dat ek ‘n fundi op die gebied is, ek kan ‘n masker bekyk en bevoel en dadelik weet of dit gaan gemaklik pas of nie. En as hy dan nie gemaklik pas nie, is dit tenminste mooi en funky. Jy kry maskers wat jou ore aftrek tot onder jou kennebak. Dan is daar die maskers wat so styf teen jou mond span, dat jy die ding eet terwyl jy praat. Dan praat ek nie van die maskers wat afskuif en soos ‘n baard hang wanneer jy besig is om te klets nie. Ek het buffs ook, en hulle werk goed, maar ek sukkel om stylvolle en funky buffs te kry. Ek reken, aangesien ek verplig is om die ding te dra, might as well do it with style.

Die tiener en die halwe een spot my al, want hulle weet ek kom amper elke dag by die huis aan met ‘n nuwe masker…of twee. Dan rol hulle daardie oë van hulle tot agter in hul oogkaste. Maar kan ek net sê dat wanneer die tiener na ‘n gemaklike masker soek, dan hol hy vinnig na my masker-kas toe om ‘n swart masker te gaan ‘leen’. Leen om hom nooit weer terug te gee nie, ja. Dit is dan een van die redes, buiten die feit dat dit funky is, waarom ek so baie maskers het.

Ek gaan nie jok nie, die goed is damn ongemaklik en my ore pyn van my haarwortels tot in my tandwortels aan die einde van die dag.
Die dames sal weet waarvan ek praat wanneer ek sê daar is een kledingstuk waarvan ons baie vinnig ontslae raak wanneer ons voete die bodem van gerief betree. Nou die afruk van ‘n masker gaan gepaard met die afruk van daardie spesifieke kledingstuk onder ons klere. Dieselfde verligting!

My maskers is netjies uitgestal op my kas, colour co-ordinated en elke ding; ek wil hulle mos af-show. Dit laat my dink aan toe ons klein was en jy jou maatjies gespot het met: “Myne is beter as joune.” Nou dis hoe ek oor my maskers voel, ek het ‘n fetish en ek is ‘n self-confessed-kenner op die gebied van MASKERades. DUS – dra jou masker, en as jy nie weet hoe nie, dan sal ek jou wys…. it is what it is!

ALSO READ: Rona glitter van oor tot oor

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button