EntertainmentLifestyle

Danie is reg om te sing in Ladysmith

In 23 jaar, stel hy vier sekulêre albums, 18 geestelike albums en sewe duet albums vry

Een van die gewildste gospelsangers in Suid-Afrika, Danie Botha, tree eerskomende Sondagaand, 20 September, om 6nm by die AGS Lofdal Kerk in Ruby Gailey-Laan op. Danie is op 25 Junie 1964 gebore.

Dit was al singende op die skoolstoep waar Danie se sangtalent as ‘n graad 1-leerling deur ‘n onderwyseres raakgesien is. Sang en musiek was toe al reeds sy passie. Gelukkige dae op ‘n kleinhoewe buite Rustenburg het sy lewe met ‘n liefde vir die buitelug, natuur en sport gevul. Dis ook waar hy homself leer kitaar speel en begin droom het van ‘n loopbaan as sanger.

Hy matrikuleer in 1982 aan die hoërskool Bergsig in Rustenburg en voltooi daarna die graad BA aan die Potchefstroomse Universiteit.

Met diensplig afgehandel, neem Danie deel aan die SAUK se destydse ‘Debuut’ kompetisie. Vir ‘n tweede plek word hy beloon met ‘n platekontrak en twee musiekvideos. Daarna skryf hy in vir die gewilde ‘Teletreffers’ kompetisie. Met ‘Wenners’ en ‘Wie kan dit verstaan’, slaan hy ‘n eerste en ‘n derde plek los.

Na die uitsending daarvan oor televisie het die uitnodigings vir optrede begin instroom! Hy het ‘n orkes op die been gebring en begin toer. Vandag, 23 jaar later, toer hy steeds. In hierdie tyd stel hy vier sekulêre albums, 18 geestelike albums en sewe duet albums vry.

Hy wen ook die Huisegenoot Tempo toekenning hierdie jaar. Steeds een van die gewildste gospelsangers in Suid-Afrika, tree hy eerskomende Sondagaand, 20 September, om 6nm by die AGS Lofdal Kerk in Ruby Gailey-Laan op. Toegang is gratis. Ladysmith is bevoorreg om ‘n kunstenaar van sy kaliber te verwelkom!

For the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button