Wenke om meer voëls na jou tuin te lok
Kom geniet die voëlryk en leer meer van ons geveerde vriende saam met Feathers-klublede. Skakel Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121 vir meer inligting.
Hoe lok jy voëls na jou tuin? Dit is die onderwerp waaroor Marisa Louw gesels wanneer sy interessante tuinwenke sal gee by Feathers-voëklub se eerste byeenkoms vir die jaar op 23 Januarie. Die byeenkoms begin oudergewoonte om 18:30 by die Sally Martin Park saal.
Saterdag, 25 Januarie besoek Feathers-klublede River Lake by Lindequesdrift waar klublede in Mei verlede jaar 52 voëlspesies aangeteken het. River Lake is 29km uit op die R500. Voëlkykers wat die uitstappie wil meemaak vertrek om 06:00 vanaf Riastuine. Dit is ongeveer 1km na die brug op die Parys/Fochville-pad.
Onthou jou piekniekmandjie, voëlboek en ‘n stoel.
Aan die einde van 2024 is daar nie ‘n klubbyeenkoms gehou nie, en die uitstappie na Vaal de Grace Natuurlandgoed is geskuif na 7 Desember.
Die uitstappie het toe saamgeval met Birding Big Day (BBD) – ‘n dag waarop voëlklubs en belangegroepe regoor die land voëlopnames doen. Feathers het vir die eerste keer aan BBD deelgeneem, en met die opname by die natuurlandgoed 51 spesies aangeteken. ‘n Paar klublede het later ook ander plekke besoek en is 91 voëlspesies in totaal deur Feathers se opname vir BBD aan Birdlife gerapporteer.

Nie minder nie as 450 spanne het aan BBD2024 deelgeneem, en daar is die dag 55 000 rekords ingedien. Die span wat die beste tydens die opname gevaar het, het 329 spesies in die 24 uur-periode kon aanteken.
Kom geniet die voëlryk en leer meer van ons geveerde vriende saam met Feathers-klublede. Skakel Hansie Bekker by 082 820 4306, Peter Killian by 083 625 8100, of Martin Wolmarans by 082 851 2121 vir meer inligting.



