Local newsNews

WJ weet wat Dricus weet

Die 8-jarige WJ is die Wêreldvereniging van Skopboksorganisasies se nr. 1 op die ranglys in die o27kg gewigsklas

“Dricus was goed in beheer. Hy het baie skopbokstegnieke gebruik en die hele Suid-Afrika trots gemaak.” So gesels die agt-jarige WJ Pio van Hartbeespoortdam oor Dricus du Plessis se oorwinning oor die Amerikaner Sean Strickland, Sondag in die Qudos Bank-arena in Sydney, Australië.

Dit was ‘n taai geveg van vyf rondes wat eenparig deur die beoordelaars in Du Plessis se guns beslis is.

“WJ sal weet, want dié knapie is immers die Wêreldvereniging van Skopboksorganisasies se nr. 1 op die ranglys in die o27kg gewigsklas,” vertel sy trotse ma, Issie, ‘n gebore Parysenaar wat hier skoolgegaan het.

WJ is lid van die Red Dragon-klub waar Du Plessis ook destyds begin het.

Die 8-jarige WJ Pio.

WJ sê hy het Sondag se fight sommer baie gelike, en self ook al in sy gevegte van Du Plesis se tegnieke gebruik waarmee hy Sondag die middelgewig wêreldtitel suksesvol verdedig het om sy negende agtereenvolgende oorwinning te behaal.

Sukses kom nie sonder baie harde werk en toewyding nie, het WJ vroeg geleer. Hy het toe hy vier jaar oud was begin met skopboks, en vinnig ‘n passie vir die sport ontwikkel, danksy sy pa, Hennie, wat ook sy afrigter is.

In 2024, het WJ aan die Noordwes-skopboksproewe deelgeneem en die eerste plek in puntegevegte behaal.

Hierdie prestasie het hom ‘n plek in die Noordwes-span vir die Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskappe verseker. By die SA’s het WJ ‘n welverdiende tweede plek behaal, en sy Suid-Afrikaanse kleure verwerf.

Daarna is hy gekies vir die SA-span wat aan die 2024 Wêreldkampioenskappe in Hongarye deelgeneem het, en was hy die jongste spanlid.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika nadat hy ‘n skitterende negende plek by die wêreldkampioenskappe verower het, het WJ dadelik skouer aan die wiel gesit vir die Afrika Interkontinentale kampioenskappe.

By dié kampioenskappe wen hy twee afdelings en maak genoeg ranglyspunte bymekaar om na die topposisie op die WAKO-wêreldboksranglys in sy gewigsafdeling te klim.

‘n Fenominale prestasie wat die kroon gespan het op ure se harde werk en toewyding. Nou wag die Noordwes-proewe Saterdag vir WJ, en wil hy soos Dricus, sy klub en gesin trots maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button