
Swaar donderduie, wind, hael en weerlig word vir vandag deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel wat kan lei tot moontlike oorstroming in die suidwestelike deel van Mpumalanga asook die verre oostelike dele van die Vrystaat provinsie.
Meestal koel en bewolkte weer is voorspel vir groot dele van die land, en kan Parysenaars ‘n maksimum temperatuur van 23 grade Celsius te wagte wees met gepaardgaande reën.
Reën is ook vir môre en Woensdag voorspel waarna temperature effe sal styg en weer koeler word na die naweek toe.
Vaaldam was Saterdag reeds 91,38% vol
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



