Die foto is Sondag in die prag tuin van O's Restaurant in Parys geneem waar toe al gesien kon word hoe die watervlak van die Vaalrivier gestyg het met nog net twee sluise wat toe oop was.
‘n Derde sluis sal vanoggend om 12:00 by die Vaaldam oopgemaak word om uitvloei te verhoog na ongeveer 400 kubieke meter per sekonde om verhoogde invloei stroomop van die Vaaldam te akkommodeer na wydverspreide reën.
Vaaldam is nou 107,30% vol met invloei wat vanoggend gemeet is op 433,57 kubieke meter per sekonde. Barrage het vanoggend water uitgelaat teen 332 kubieke meter per sekonde.
Die eerste sluis is reeds op 20 Maart oopgemaak, waarna ‘n tweede sluis Vrydagoggend oopgemaak is.
Die foto is Sondag in die prag tuin van O’s Restaurant in Parys geneem waar toe al gesien kon word hoe die watervlak van die Vaalrivier gestyg het met nog net twee sluise wat toe oop was.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.