Local newsNews
Motoriste weer ernstig gewaarsku oor dié paaie
Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontllik, Waar water oor paaie stroom, misgis mense hulle maklik met hoe diep en sterk die stroom kan wees.
Motoriste is weer ernstig gewaarsku om bedag te wees op water wat oor verskeie paaie stroom na wydverspreide reën en strome en spruite wat gevolglik sterk loop. Gebruik asseblief alternatiewe roetes waar moontlik.
- R57 vanaf Petrus Steyn na Heilbron water wat oor die pad vloei skep steeds ‘n groot gevaar.
- R500 (Fochvillepad) naby Umfula water op die pad verskeie ongelukke alreeds Vrydag hier gerapporteer.
- R59 tussen N1-oorbrug en Parys groot en diep slaggate verminder asseblief spoed en ry stadig en uiters vesigtig.
- S643 Vermaasdrift-brug (Noordwes) onder water
- Vaal Eden-pad water oor die laagwaterbrug.
- R721 Viljoenskroon/Vredefort water oor die pad
- R76 Kroonstad na Villjoenskroon water oor die pad.
- Verwagting is dat water ook oor die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel sal vloei. Water het om 11:00 vanoggend reeds hier 2,42m gemeet en was die vloei 1 130 kubieke meter per sekonde.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



