Local newsNews
Vragmotorbotsing: R59 steeds gesluit vir verkeer
Maak asseblief van alternatiewe roetes gebruik.
Hoewel die brand op die R59 sowat 11km buite Parys in die rigting van Sasolburg nou geblus is , is die pad steeds gesluit vir verkeer terwyl herwinning en opruimingswerk op die ongelukstoneel gedoen word.
Dit volg nadat ‘n vragmotor vroeër vanaand hier omgeslaan en met die impak van die botsing aan die brand geraak het.
Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



