Local newsNews

Deurbraak ná egpaar se skietdood

Vier dae na die koelbloedige moord van 'n Rustenburgse egpaar, het die daelange soektog van die polisie uiteindelik gelei tot arrestasies.

Twee verdagtes is danksy knap speurwerk vasgetrek vir die moord op George en Wilma Koster van Rustenburg wat Saterdag koelbloedig op die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum doodgeskiet is.

Die twee mans wat Dinsdag vir die moorde gearresteer is,  is 29 en 41 jaar oud onderskeidelik, en is in Boitekong en Rustenburg vasgetrek, het polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh gesê. Hulle sal môre in die Rustenburgse landdroshof verskyn vir die moord op die Koster-egpaar.

Die polisie het met die inhegtenisname ook beslag gelê op ‘n vuurwapen wat vermoedelik vir die moorde gebruik is, asook ‘n Kia Rio voertuig, het Myburgh gesê.

Die egpaar is Saterdagmiddag in die parkeerterrein doodgeskiet na vermoedelik ‘n onderonsie tussen die Koster-egpaar en die insittendes van die Kia Rio. Die Kia Rio was langs die Kosters se voertuig geparkeer, maar het nie nommerplate gehad nie.

George was 68 jaar oud, en Wilma 65.

‘n Gedenkdiens vir die egpaar word Saterdag gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button