Local newsNews

Prostaatkanker – ‘n ernstige gesondheidsrisiko

Prostaatkanker toon gewoonlik geen vroeë simptome nie

Een uit elke agt Suid-Afrikaanse mans staan die kans om prostaatkanker  te kry, en is dié kanker die algemeenste vorm van kanker onder mans.

Dokter Hannes Brummer en dokter Johan Coetzee, wat by Netcare Greenacres-hospitaal praktiseer, moedig mans aan om prostaatkanker-sifting ’n prioriteit te maak tydens hierdie maand waar gefokus word op  Mansgesondheid.

“Gewoonlik ervaar mans geen simptome totdat prostaatkanker reeds ver gevorder is nie, en daarom moet hulle proaktief wees en hul roetine-siftingstoetse bespreek,” verduidelik Coetzee.

Met die gevorderde prostaat-spesifieke antigeen (PSA) bloedtoets wat jy by jou huisdokter kan laat doen, is daar baie meer geleenthede om prostaatkanker vroegtydig op te spoor, wanneer dit steeds goed behandelbaar is.

“Vir mans wat ná ’n naaldbiopsie met prostaatkanker gediagnoseer word, het behandelingsopsies só verbeter dat daar meer hoop is as ooit tevore. Selfs waar chirurgie nodig is, beteken prostaatkanker nie noodwendig ’n ernstige onderbreking van jou lewe nie,” voeg Brummer by.

“’n Prostaatkankerdiagnose kan ontstellend wees. Ons het hierdie pad al met baie mans gestap, en robot-geassisteerde chirurgie bied belangrike voordele wanneer kwaadaardige weefsel in die prostaat verwyder word – veral die presisie van hierdie minimaal-invasiewe benadering.”

Meer as 1 000 robot-geassisteerde prosedures is al by Netcare Greenacres-hospitaal uitgevoer sedert hierdie tegnologie in Augustus 2017 bekendgestel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button