‘n “Jolly” lekkerte om Afrikaans te vier
Die lekker saamsing musiekkonsert word môre deur die ATKV Vredefort Koepel en die Deo Gloria-koor in die NG Klipkerk in Vredefort aangebied. Maak seker jy is daar.
Die ATKV-tak Vredefort Koepel vier Afrikaans se 100 jaar bestaan met ‘n tonekrul lekker ligte Afrikaanse musiekkonsert môre, Sondag 31 Augustus om 11:45 in die NG Klipkerk in Vredefort.

Nie net sal jy die uitstaande koorsang van die Deo Gloria-koor onder leiding van die talentvolle hande van Erna Rademan en Marli Kruger kan hoor nie, maar is daar ook ‘n trekklavierkoor wat die sang sal lei.

Hoërskool Parys se Take Note-koor asook sopraan Lizette Combrink, en die begaafde strykensemble en sanggroepe van die Erna Rademan musiekstudio kan ook gehoor word.


Die oggendprogram is ‘n viering van die taal met van die lekkerste saamsing musiek wat jy nie wil misloop nie.
Kaartjies is by die deure beskikbaar en toegang vir laerskoolkinders is gratis.



