Local newsNews

Blikoortjie-kleuters leer meer van voëls

Die kinders is nie net meer geleer van die gewoontes van voëls nie, maar ook prakties gewys wat om te doen sou jy 'n beseerde voël of babavoëltjie optel.

Marisa Louw wat 11 van die gryskopmeeu kuikens wat vroeër vanjaar deur SA Wildflife Rehabilitation Centre van ‘n konstruksieperseel gered is, grootmaak om uiteindelik in die natuur te kan vrylaat, het verlede week ‘n draai by Blikoortjies-kleuterskool gemaak om die kleuters meer van voëls te leer.

Sy het interessanthede oor voëls met hulle gedeel met behulp van vingerpop-spel, en hulle ook prakties gewys wat om te doen sou jy ‘n beseerde voël, of babavoëltjie optel. Haar raad vir die kleuters was om ‘n kartonboks te kry waarin jy ‘n warmwatersak, sagte kombers of selfs ‘n ou T-hemp sit, en dan ‘n volwassene te vra om die warmwatersak te vul met warm water.

Die sak moet onderin die boks geplaas word, met die komberse bo-op. Sodra die boks gereed is, kan die voëltjie gehaal en in die boks geplaas word, en kan Marisa wat baie ervaring het met die versorging en rehabilitering van diere, veral voëls, geskakel word by 064 963 5386 om die voëltjie te kom haal sodat hy die regte versorging kan kry.

“Dit is ook belangrik om wanneer jy klaar met die voëltjie gewerk het, jou hande behoorlik te was,” het sy gesê.

Die kleuters het na die praatjie die kans gehad om wedvlugduiwe te kon vashou en te sien hoe hulle losgelaat word.

Bo: Van die Blikoortjies-kleuters saam met Marisa Louw en skoolhoof, Tammy Rossouw. Op die foto is Jowan Maree, Adriaan Scholtz, Isla Kruger, Clara Nienaber, Duncan Kamfer, Ava Sieberhagen en Christiaan Nienaber.
Tammy Rossouw, skoolhoof van Blikoortjies, saam met die tweeling, Clara en Lee-Mari Nienaber, waar hulle ‘n beurt gekry het om een van die wedvlugduiwe vas te hou.
Die wedvlugduiwe word losgelaat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button