Local newsNews

Skêr-ongeluk steel Leonel se sig, maar nie haar vreugde

Leonel laat nie toe dat enigiets haar onderkry nie ten spyte daarvan dat sy die sig in haar een oog verloor het.

Leonel Riekert is ‘n regte rabbedoe. Sy is mal oor dans en modelwerk en het nie ‘n enkele bang haar op haar kop nie.
Waar die negejarige Leonel agter haar lessenaar in die graad drie klas by Parys Christelike Skool sit, haar skoolwerk pynlik netjies gedoen, kan jy skaars glo dat vyf jaar verloop het sedert die fratsongeluk toe ‘n skêr haar wang gepenetreer en ernstige skade aan haar linkeroog veroorsaak het. Leonel was toe net vier jaar oud.

Na die ongeluk het sy aanvanklik nog 5% sig in haar linkeroog gehad, maar het sy geleidelik ook dit verloor, en is haar linkerogie nou heeltemal blind.
Maar niks hou dié borrelende blondekop dogtertjie terug nie. Sy het aangepas by haar omstandighede vertel haar skoolhoof, Vivienne Koch.
Leonel dra nou permanent bril, maar kom selfstandig oor die weg in die klaskamer, op die speelgrond en by die huis.

Haar maats weet van haar ogie vertel Leonel, maar nie een van hulle sien haar gebrek raak nie, want soos enige dogtertjie van haar ouderdom is sy mal oor haar maats, inkleur en TikTok. Sy stap ook selfversekerd op die loopplank wanneer sy modelwerk doen.

Sy doen die afgelope drie jaar modelwerk en het vroeër met die Little Miss Sedibeng-eerste prinses kroon weggestap.

Leonel Riekert saam met haar skoolhoof, Vivienne Koch.

Leonel doen ook moderne danse en klopdanse (tap dance), speel netbal en hokkie, en vertel bekkig dat Engels haar gunsteling vak is.

Nadat Leonel destyds met die skêrtjie in haar hand geval het moes sy drie oogoperasies ondergaan het, waaronder ook om katarakte te verwyder, en ‘n lensoorplanting – die gevolg van die trauma weens die besering.

Alles moontlik is vir Leonel gedoen om die sig in haar ogie te red, maar haar ouers, André en Mari, moes in November 2020 die hartseer nuus hoor dat sy permanente sigskade het.

Vandag getuig die Riekerts steeds oor die wonder wat hulle na die ongeluk beleef het met soveel mense wat na hulle uitgereik het om te help en bygedra het vir haar operasies en behandeling. Mense het hul harte eenvoudig net oopgemaak vir Leonel, en is haar skool ongelooflik ondersteunend vertel Mari.
Hul klein rabbedoe het geen vrees vir ‘n skêr of dokters nie, en is in haar element met haar maatjies om haar in die klas. ‘n Stralende klein dogtertjie wat ten spyte van dit wat die lewe na haar kant toe laat kom het, haar deur niks laat onderkry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button