Local newsNews

VS veediefstaleenheid-lid ernstig beseer na botsing

Nooddienswerkers moes die beseerde polisielid uit die voertuigwrak haal.

‘n Adjudant-offisier van die Heilbronse veediefstaleenheid is Sondagaand ernstig beseer na ‘n botsing met ‘n vragmotor op die R34 tussen Edenville en Kroonstad.

Hy is deur nooddienste uit die wrak gehaal en van die toneel per ambulans na die Kroon-hospitaal vervoer.

Die twee insittendes van die vragmotor is nie ernstig beseer nie.

Dit was met die skryf van die berig nog onduidelik wat die oorsaak van die botsing was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button