Local newsNews

Duisende weer by Vredefort se Kruistog verwag

Die Kruistog gee mense 'n besondere belewenis van Paasfees en word die projek elke jaar deur Vredefort se inwoners aangebied.

Vir weke al word daar gewoel en gewerk vir ‘n vale in die Vrystaatse dorp, Vredefort, want oor minder as ‘n week, op Goeie Vrydag 3 April, maak dié dorp sy hart en strate oop vir duisende mense van heinde en ver vir die jaarlikse Kruistog.

Dié Kruistog wat vanjaar vir die vyfde jaar agtereenvolgens aangebied word, gee mense ‘n besondere Paasfeeservaring wanneer ‘n eiesoortige 3km Via Dolorosa met kruise deur die dorp gestap sal word. Langs die strate sal jy die stalletjies sien wat die lewe en gelykenisse van Jesus uitbeeld.

Verlede naweek is 520 houtkruise binne 50 minute deur net meer as 50 pare gewillige hande gemaak. Maar daar is ook help vou aan die plastiekblomme vir die vlot wat aan die voorpunt van vanjaar se Kruistog sal wees, en parke en sypaadjies in die dorp skoongemaak.

Van die kruise wat gebou is. Foto: Verskaf
Van die kruise wat gebou is. Foto: Verskaf
Oud en jonk het help kruis bou. Foto's: Verskaf
Oud en jonk het help kruis bou. Foto’s: Verskaf

Vanjaar se vlot aan die voorpunt van die optog stel ‘n oop Bybel voor wat aansluit by die teks uit Johannes 1:14.

‘n Eerste vir die Kruistog is die replikas van die kuiselemente wat vanjaar gemaak word, waaronder die kruis, die kruisspykers en die spies wat die Romeinse wagte in Jesus se sy gesteek het.

Daar word fluks dorp skoongemaak. Foto's: Verskaf
Daar word fluks dorp skoongemaak. Foto’s: Verskaf

Gewillige hande en oop harte help om elke jaar die Kruistog te kan aanbied. ‘n Besondere gemeenskap wat saamstaan vir iets groter as hulself.

Meer as 500 houtkruise is deur die gemeenskap van Vredefort gebou vir vanjaar se kruistog. Foto: Verskaf
Meer as 500 houtkruise is deur die gemeenskap van Vredefort gebou vir vanjaar se kruistog. Foto: Verskaf

Die Kruistog-program

  • Die Kruistog vind plaas op 3 April vanaf 10:30 by Vredefort se sportgronde waar die Kruistog ook later afgesluit word.
  • Die program begin met lofprysing en die gebruik van die nagmaal, waarna die 3km Kruistog teen ‘n gemaklike pas gestap word. Die roete is geskik vir oud en jonk.
  • Trek gemaklik aan, onthou sonskerm en ‘n hoed.
  • Kosstalletjies sal op die terrein beskikbaar wees – bring ‘n geldjie saam as jy iets sou wou koop.
  • Bywoning en om deel te neem aan die Kruistog is gratis, en geen vooraf besprekings is nodig nie.
  • Die program sal teen 13:00 klaar wees.
Vele hande het help vou aan die blomme vir vanjaar se vlot vir die Kruistog. Foto: Verskaf
Vele hande het help vou aan die blomme vir vanjaar se vlot vir die Kruistog. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button