Local newsNews

Miljoene se Tik by onwettige dwelmlaboratorium gekry

Weens die sensitiewe aard van die voortgesette ondersoek kan sekere inligting nie op hierdie stadium bekend gemaak word nie, het die polisie gesê.

Die 11 beskuldigdes wat vroeër vandeesweek by ‘n onwettige dwelmvervaardigingslaboratorium op ‘n plaas in die Swartruggens-distrik gearresteer is, sal weer op 22 Mei voor die hof wees. Die 11 het vandag die eerste keer voor die hof verskyn en staan tereg op klagte wat verband hou met dwelmvervaardiging, onwettige besit van edelmetale, onwettige besit van gevaarlike materiale. en oortreding van die Immigrasiewet.

Die beskuldigdes sluit in vyf (5) Mexikaanse burgers, Fabian Astorga, Jesus Alonso, Medina Astorga, Luis Alberto Ramirez Rios, Jose Andres Medina en Jacquelin Lopez Madrid (vrou); twee (2) Mosambiekse burgers, Ismael Afiado Massingue en Lourenco Constantino Cumbane; een (1) Zimbabwiese burger, Tobias Soyani; en drie (3) Suid-Afrikaanse burgers, Tyron John Schutte, Kyle Schutte en Vusi Amos Mkambi.

Volgens kolonel Katlego Mogale sal hulle in aanhouding bly en is die saak uitgestel om tolke te kry, en vir verifiëring van immigrasiestatus van die beskuldigdes.

Die grootskaalse onwettige dwelmvervaardigingsfasiliteit waar vermoedelik metamfetamien vervaardig is, is ontdek tydens ‘n intelligensie gedrewe operasie op 13 Mei. Wetstoepassers het tydens die operasie ‘n groot hoeveelheid toerusting en chemikalieë gekry wat verbind word met die vervaardiging van onwettige dwelms, asook drie vuurwapens.

Forensiese kenners is steeds besig om die misdaadtoneel te verwerk waar ongeveer 481 kilogram metamfetamien met ’n beraamde straatwaarde van miljoene rande gekonfiskeer is. Daar word verwag dat die hoeveelheid kan toeneem sodra die hele toneel deeglik verwerk is. Die beraamde waarde van die onwettige dwelmlaboratorium oorskry R1 miljard.

Van die goedere wat op die plaas gekry is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste
Van die goedere wat op die plaas gekry is. Foto verskaf deur SAPD Kommunikasiedienste

Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die laboratorium die vierde dwelmlaboratorium in Suid-Afrika is met beweerde Mexikaanse bande.

Op hierdie stadium is die eienaars van die eiendom nog nie opgespoor nie. Die eienaar se seun en ander familielede was egter onder diegene wat in hegtenis geneem is. Die eienaars word tans vir ondervraging gesoek terwyl ondersoeke voortduur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button