Local newsNews

Bek-en-klou kan nie op dié manier oorkom word nie, waarsku Vrystaat Landbou

VL het ’n dringende beroep op owerhede gedoen om die huidige inentingstrategie te herevalueer

Suid-Afrika moet dringend oorskakel na ‘n gekoördineerde massa-entingsbenadering teen Bek-en-klouseer. “Daar is geen manier waarop ons die bek-en-klouseer-virus gaan oorwin met ’n risiko-
gebaseerde model nie,” meen Friedl von Maltitz, vise-president van Vrystaat Landbou (VL).

Volgens Von Maltitz is die model ontwerp vir lande wat reeds bek-en-klouseer-vry is en slegs geïsoleerde
uitbrekings ervaar – nie vir ’n situasie soos Suid-Afrika s’n nie.

Von Maltitz is in Februarie deur VL na Argentinië gestuur om internasionale entingstrukture te bestudeer. Hy sê lande soos Argentinië, Bolivia, Brasilië en Uruguay het suksesvol hul uitbrekings beheer deur gestruktureerde, sone-gebaseerde entingsveldtogte. Dit behels dat alle vee binne ’n bepaalde sone vinnig ingeënt word, met ’n opvolg- of skraagdosis binne twee tot ses weke.

Sistematiese enting


Hy voeg by dat sistematiese enting – van een kant van ’n sone na die ander – noodsaaklik is om
effektiewe kudde immuniteit teen verdere verspreiding te skep.


Die huidige benadering in Suid-Afrika, waar hoofsaaklik slegs positiewe plase en omliggende
gebiede geteiken word, is volgens VL onvoldoende. “Teen die tyd dat staatsveeartse plase
bereik, het die virus reeds verder versprei. Daar is eenvoudig nie genoeg mannekrag onder
staats- en privaatveeartse en dieregesondheidstegnici om betyds voor die uitbrekingskurwe te bly
nie.”

VL meen ook dat die huidige toedeling van entstowwe – hoofsaaklik aan melk-, buffel-
en varkprodusente, asook voerkrale – dui op ’n lukrake en ongekoördineerde strategie wat te veel gapings vir die virus laat om verder te versprei.

Duidelike riglyne


Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, beklemtoon verder dat die Wêreldorganisasie
vir Dieregesondheid (WOAH) duidelike riglyne stel vir massa-entingsprogramme. “Op hierdie
stadium is daar geen sigbare, gestruktureerde nasionale plan in plek nie. Met die beskikbaarheid
van meer entstof in die land, is dit nou krities dat ’n omvattende en gekoördineerde strategie geïmplementeer word. Geen ander land met soortgelyke uitbrekings maak gebruik van ’n risiko-
gebaseerde model nie,” sê Wilken.

VL het ’n dringende beroep op owerhede gedoen om die huidige strategie te herevalueer en ’n
doeltreffende, wetenskaplik-gefundeerde nasionale entingsplan te implementeer om die land se
veebedryf te beskerm.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button