So byna het Elize Horton vergeet om haar Mei-maand Bybelblokraai-inskrywing in te stuur., maar dit was juis die op-die-nippertjie inskrywing die aand voor die kompetsie sou sluit, waarmee sy die boekprys – Hou vas aan geloof selfs wanneer God nie sin maak nie, geskryf der Dr. Jmes Dobson, gewen het.
Eliz en haar pa, Willie van der Merwe, het elke maand saam-saam die blokraai voltooi. Hy is op 12 Mei oorlede en was dit ook hy wat elke maand herinner het aan die sluitingsdatum van die kompetisie.
Daarom is die wenprys vir Elize ‘n besondere herinnering aan haar pa.

Vir haar is die maandelikse Bybelblokraai ‘n ‘geestelike opkikker’. “Ek leer so baie wat jy andersins dalk nie sou raaklees in die Bybel nie,” vertel sy.
As jy nog nie jou blokraai vir Junie ingestuur het nie, moet jy gou spring. Die sluitingsdatum is 26 Junie. Verlede maand was daar reeds dubbel die hoeveelheid inskrywings as die vorige maand. Om deel te neem is gratis en so maklik as om die blokraai te voltooi, ‘n foto daarvan te neem en te WhatsApp na 071 330 3882.



