Local newsNews
Waarskuwing R59: Water hier oor die pad
Motoriste is gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Motoriste word gewaarsku dat die R59 buite Viljoenskroon by die silo’s onder water is. ‘n Insleepvoertuig vir swaar voertuie het rondom 08:00 vanoggend in die water vasgeval wat van ‘n pan langs die pad oorstoot op die teervlak. Insleepdienste was nog laatmiddag op die toneel besig om die sleepvoertuig en vragmotor uit die water te probeer kry.
Niemand is in die voorval beseer nie.


In April en Mei het twee bakkies in afsonderlike voorvalle ook in die water beland.


Motoriste word gewaarsku om van alternatiewe roetes gebruik te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



