NewsNews

Nadoodse ondersoek nog nie afgehandel na jongman se dood

Nadoodse ondersoek nog nie afgehandel nie.

Die nadoodse ondersoek is nog nie afgehandel na die dood van die 24-jarige Ruan Voges wat Saterdagaand in ‘n Bloemfonteinse hospitaal dood is nadat hy Vrydagaand, 6 Maart in Breëstraat kritiek in ‘n tref-en-trap-ongeluk beseer is.

Ruan wat van Springs afkomstig was, het in Parys gekuier. Hy wou oënskynlik Breëstraat kruis toe hy  raakgery is.

Familie van Ruan het Saterdag ‘n ernstige pleidooi gerig tot ooggetuies of mense wat inligting het oor die ongeluk, om na vore te kom.

Ruan se broer Ronnie, het ook ‘n beloning van R1 000 aangebied vir inligting wat sal lei tot die suksesvolle opsporing van die persoon wat Ruan raakgery het.

Die begrafnisreëlings was met die plasing van hierdie berig nog nie gefinaliseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button