

As jy nie gister kans gehad het om by die petrolpomp te kon uitkom nie, sal jy van vandag af omtrent net so veel vir petrol betaal as wat jy in Mei en Junie 2019 daarvoor betaal het.
Petrolpryse het vanoggend, Woensdag 3 Maart met 65c per liter gestyg en kos vir R16,32 vir 95-oktaan petrol in Gauteng. Aan die kus kos dit nou R15,62 per liter vir 95-oktaan.
Die dieselprys is van Woensdag af 54c en 56c onderskeidelik duurder afhangend van die swaelinhoud, terwyl paraffienpryse gestyg het met 47c. Gas is nou 87c per kilogram duurder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



