Photo GalleriesSport

Rolbal kroon kampioen pare

Rolbal kroon kampioen pare

 

Die finale ronde van die Noordwes Ope Pare-kampioenskap het Sondag plaasgevind op die bane van die Potchefstroom-rolbalklub.
Die goue medaljes het gegaan aan Magdel O’Donoghue en Lazuya Serfontein van die Parys-rolbalklub, en Tinus Crous en Piet Croucamp van die Klerksdorp-rolbalklub.
O’Donoghue en Serfontein se pad na die finaal toe het begin met ‘n oorwinning oor Corrie Breitenbach en Sarina Venter van Potchefstroom Dorp. Daarna moes nog ‘n Potchefstroom-span die knie buig toe die Parysenaars met Chantelle en Leatitia Hildebrand van die Buiteklub (PCC) klaarspeel om in die eindstryd teen Sega Mokoto en Baby Majanaga van die Potchefstroom Buiteklub te staan te kom. Mokoto en Mojanaga se slagoffers oppad na die finaal was Burnadine Muller en Suzette Linden van Orkney, en Marie Uys en Stienie Brown van Parys
Dit was ‘n taai sryd in die finaal met O’Donoghue en Serfontein wat eers na die 16e kop hulle neuse kon voorkry. Toe hulle eers voor was, was daar geen keer aan hulle nie, en Mokoto en Mojanaga kon eers in die laaste kop weer skote optel. Die eindtelling was 20-17.
Tinus Crous en Piet Croucamp se pad finaal toe het so verloop: Eers klop hulle Floris de Meyer en Roy Schaller van Mafeking en kwalifiseer vir die halfeind deur Schalk van der Merwe en Dickey Human van La Farge te wen.
In die halfeind klop hulle Ronnie Palmer en Herman van Rensburg van die gasheer klub.
Rudy Jacobs en Jaco Nel van Parys se pad eindstryd toe was ietwat korter. Ná hulle vir Piet Stander en Johny Kotze van Klerksdorp uitgeskakel het, speel hulle in die halfeindstryd teen Harry en Thinus Herbst van La Farge. Nog ‘n oorwinning bring hulle in die eindstryd te staan teen Crous en Croucamp van Klerksdorp. Die Klerksdorp-span neem na die 9de kop die voortou toe hulle 3 skote optel. Die doodskoot kom in die sestiende kop toe Crous en Croucamp ‘n uitskende 4 skote optel Hulle wen die goue medalje met 5 skote: 23-18.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button