Potch se Panthers kraai koning by netbaldag
Dankie aan elkeen wat van hierdie dag 'n groot sukses gemaak het



Oorweldigende steun is vanjaar vir die Parys Netbaldag gegee met nie minder as sestien spanne wat ingeskryf het. Hieronder was ook twee spanne van Sasolburg en twee Potchefstroomse spanne. Aandie einde van die dag was dit diePanthers Grey van Potch wat koning
gekraai het, met die Flintstones kort op hul hakke en die Panther Dames derde.

Foto’s: Liezl Scheepers

Dome Primary het geskitter in die vierde plek. Die span met die meeste gees was sonder twyfel PCS. Die netbaldag is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangebied as gesamentlike fondsinsamelingsprojek van die dorp se netbalspan, die Rebels, wat hande gevat het met
Vrystaat Versorging in Aksie (VVA)..




Foto’s: Verskaf
Behalwe vir skole en besighede wat met groot entoesiasme spanne ingeskryf het, en aangetrek het om die animasie-tema uit te beeld, was daar vanjaar ‘n ‘golden oldies’ span – Moertoe, wat gewys het dat hulle nie onderskat moet word nie.

Foto: Ferdie Jordaan.

Foto: Ferdie Jordaan





Die Rebels en VVA sê dankie aan elke span wat deelgeneem het, en al die ondersteuners wat seker gemaak het dat die dag ‘n groot
sukses was. Spesiale dank aan diedonateurs, organiseerders (Jolla en Joanne), Engela Greeff, Anerie, die Rebel-span, Debbie en Peet vir ambulansdiens bystand, Phillip en Magret, Parys Primêr, Tinus Jacobs vir die brandweerwa, Nicoleen Liezl vir bemarking, en die
laerskoolleerders wat op die bane gehelp het


Foto’s: Verskaf
Willem sê dankie aan elke lid van sy Badger Fit span vir hul harde werk. “Ek is trots op julle. As ons dit in ‘n week kon doen, wat kan ons nie alles in ‘n jaar se tyd doen nie. Volgende jaar gaan ons groot. Jacci jy is ‘n awesome coach. Dankie vir jou hulp met die afrigting.”
Die Badger Fit span was Reedse Thompson, Hannes Pienaar, Anke Pienaar, Juané Heyns, Reze Coetzee, Johan Stoltz, Denise Stoltz, Ryan Qalmsley en Jacci Yorke.



