News

PUK Professor lei boomuitstappie in die Koepel

Boomuitkenning kan ook met behulp van ´n toepassing op jou slimfoon gedoen word, soos Sarel se kollega Marie, wat by die ontwikkeling van die toepassing betrokke was, geïllustreer

As deel van ‘n inisiatief om die Koepel se natuurskat aan sy inwoners en besoekers bekend te stel, het die Koepel Bewarea die afgelope Saterdag ´n boomuitkennings-uitstappie aangebied, gelei deur prof. Sarel Cilliers van die Noordwes Universiteit. Die groep het ´n kort gedeelte van die Meteoriet staproete op die plaas Deelfontein gestap wat hulle deur woud-, vlakte- en bergbiotope geneem het. By elke boom het Sarel verduidelik hoe om die uitkenningsleutel te gebruik deur onder meer die blaarvorm, basvoorkoms, dorings, ligging, ensovoorts te gebruik om die boom te identifiseer.

‘n Plakboek met die bome van die Koepel is voorsien, en het deelnemers tydens die uitstappie ´n eie Koepel-boomgids saamgestel met blaarmonsters van die bome.

Boomuitkenning kan ook met behulp van ´n toepassing op jou slimfoon gedoen word, soos Sarel se kollega Marie, wat by die ontwikkeling van die toepassing betrokke was, geïllustreer

het. Deur die verskillende eienskappe in te voer, word die soektog vernou totdat die boom geïdentifiseer is. Die program verskaf ook fotos en baie besonderhede soos die groeiwyse en gebruike van die bome.

Belangstellendes kan inligting oor die toepassing van Gerhard Benade by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za bekom.

Die Koepel Bewarea bied gereeld uitstappies en kuieraande in die Koepel aan, waarby genooide deskundiges oor ´n wye verskeidenheid van onderwerpe gesels.

 

Die Jaarvergadering van die Koepel Bewarea vind op 18 November 2023 plaas. By hierdie
geleentheid sal die Adjunk-Minister van Omgewingsake, Me M Sotyu as gasspreker optree en oor sake rakende die Koepel gesels. Die geleenthede word op die plaaslike Whatsapp-groepe en in die koerante bekendgemaak, of skakel Gerhard Benade by die nommer hierbo vir meer inligting.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button