
Speurders van Parys soek na die familie van n onbekende man wie se liggaam met veelvuldige beserings in die Vaalrivier in die omgewing van Die Barrage gekry is.
Polisiewoorder sers. Josephine Rani sĂȘ n verbyganger het op 16 Maart die liggaam in die rivier opgemerk en die polisie in kennis gestel. Daar word geskat dat die oorledene tussen 38 en 46 jaar oud kan wees. Hy het n blou denim en goue horlosie gedra.
Enigeen met inligting wat die polisie kan help in die ondersoek na die grusame moord asook mense wat n familielid vermis wat aan die beskrywing voldoen, is gevra om speur-sers Rick Hunter te skakel by 073 648 9927. Mense kan ook die stop misdaadnommer skakel by 08600 10111 of anonieme wenke deurgee op die MySaps toepassing



