Só vaar Parysenaars in die Noordwes Premier-liga
Parys-rolbalklub wat met drie spanne spog in Noordwes Rolbal se Premierliga, kan tevrede wees met die eerste wedstryde wat die naweek gespeel is. Die twee vroue spanne, onder leiding van Magdel O’Donoghue (1) en Marie Uys (2), het Saterdag teen mekaar gespeel. Magdel se span het die tweestryd met 82-70 gewen na Lazuya Serfontein (1) in die enkelspel met 14-21 teen Toets van der Westhuizen (2) verloor het. In die pare het O’Donoghue se span 29-17 gewen en hulle het ook die Driespel met 20-18 gewen. Parys 1 het die dag met ’n 19-14 oorwinning oor Parys 2 afgeskop in die Viere.
Parys-rolbalklub wat met drie spanne spog in Noordwes Rolbal se Premierliga, kan tevrede wees met die eerste wedstryde wat die naweek gespeel is.
Die twee vroue spanne, onder leiding van Magdel O’Donoghue (1) en Marie Uys (2), het Saterdag teen mekaar gespeel. Magdel se span het die tweestryd met 82-70 gewen na Lazuya Serfontein (1) in die enkelspel met 14-21 teen Toets van der Westhuizen (2) verloor het.
In die pare het O’Donoghue se span 29-17 gewen en hulle het ook die Driespel met 20-18 gewen. Parys 1 het die dag met ’n 19-14 oorwinning oor Parys 2 afgeskop in die Viere.
In die mans Premier-liga lê Parys en Klerksdorp beide op 8 ligapunte ná Moekie Uys en sy span met 87- 72 teen La Farge gewen het.
In die enkelspan moes Dries de Jager die knie buig voor Lieb van Rensburg, maar daarna het die Parysenaars oorgeneem en die pare, driespel en viere gewen.
Die volgende aksie is vir die mans Saterdag by die Potchefstroom-rolbalklub. Die twee vroue spanne speel by die Fochville klub.



